Bestanddele:
2 pakkies Tennis of Marie beskuitjies
1 k glanskersies – rooi en groen gemeng, (gehalveer)
60 g droë vrugtekoek mengsel
50 g gekapte neute
1 blikkie kondensmelk
110 g botter
250 g sjokolade
2 t vanilla geursel
Metode:
1.  Voer ‘n broodpan – 21×11 cm uit met kleefpapier (clingwrap) en spuit met kleefwerende  kossproei.
2.  Breek die beskuitjies in stukkies.

  1. Meng die kersies, vrugtekoek mengsel en gekapte neute saam in ‘n mengbak.
  2. Meng die kondensmelk, botter, sjokolade en vanilla geursel saam in ‘n kastrol en verhit tot gesmelt.
  3. Voeg die gebreekte koekies by en meng goed deur en skep in broodpan.
  4. Druk netjies plat en verkoel 2-3 ure.
  5. Haal uit pan en verwyder die kleefplastiek

Wanneer u dit in skywe wil sny,  laat dit net eers ‘n rukkie buite die yskas staan … so ‘n halfuurtjie sodat u dit makliker kan sny met ‘n skerp broodmes.