fbpx

Nasionale Gesondheidsversekering: nog ‘n versteekte gevaar

Deur on Aug 15, 2019

Nuuskommentaar: 14 Augustus

Daar is geen tekort aan kommentaar in die media op die nuutste weergawe van die regering se voorstel vir ‘n Nasionale Gesondheidsverskering is nie. Afgesien van al die nuwe foute wat die voorstel maak, is daar egter ‘n ou Suid-Afrikaanse flater ingesluit – swart ekonomiese bemagting. Dit is juis hierdie flater wat van die mees ingrypende gevolge vir eindgebruikers sal hê.

Artikel 38(7) van die wetsontwerp het betrekking op mediese produkte, insluitend maar nie beperk tot medisynes, mediese toestelle en algemene mediese voorraad. In terme daarvan word nou vereis dat ‘n nasionale strategie ontwikkel word vir die aanskaf van hierdie goedere – en dat sodanige strategie onderhewig moet w

ees aan die swart ekonomiese bemagtingsvereistes en voorwaardes.

Hierdie is, natuurlik, baie sleg. Maar dit mag dalk nog slegter wees as wat mens sou dink by die eerste oogopslag. Een vinnige kyk na die immer-verslegtende Eskom-situasie maak die gevolge van SEB-baseerde verkryging baie duidelik.

Die nuus raak egter nog slegter. As swart ekonomiese bemagting by Eskom vet op die vuur was, is dit by die NGV ‘n bom wat wag om te ontplof. As gevolg van die besondere aard van die mediese sektor, is die risiko’s veel groter.

Foute by Eskom dompel die land in die donkerte – en dit is noodlottig vir Suid-Afrika se ekonomiese groei. Dit was egter moontlik om risiko’s af te bestuur deur beurtkrag te beperk of te vermy by kritiese infrastruktuur – soos by hospitale, ironiese genoeg.

Wat kan mens egter doen as die hospitaal egter dieselfde siekte as Eskom opgedoen het? Die ervarings van talle pasiënte by hospitale wat reeds hierdie tipe strategieë volg is maar ‘n vroeë simptoom van iets wat – as die regering sy sin kry – ‘n kroniese toestand sal word.

Hierdie tipe verkryging is sleg vir steenkool koop – maar nog veel erger vir mediese voorraad.

Anders as die Suid-Afrikaanse steenkool wat tipies in kragsentrales gebruik word, is die oorgrote meerderheid van mediese toerusting en voorraad van oorsese oorsprong.

Gegewe dat geen plaaslike vervaardiging van talle van hierdie produkte geskied nie, is dit waarskynlik dat – soos reeds vandag die geval is met soortgelyke produkte – hierdie voorraad bloot van oorsee af aangekoop sal word deur ‘n SEB-gesertifiseerde maatskappy. Vandaar word dit bloot net weer oorverkoop sal word aan die toepaslike owerhede.

Hierdie sal tot gevolg hê dat ‘n onnodige tussenganger in die proses ingebring word – wat weer, op sy beurt, die prys en beskikbaarheid van hierdie produkte sal beïnvloed.

Die laaste risiko-faktor het te make met die mense wat waarskynlik van hierdie dienste gebruik sal moet maak.

Ons praat hier, natuurlik, nie van die deursnit Suid-Afrikaner nie.

Mense wat van mediese dienste gebruik moet maak verkeer in ‘n kwesbare posisie. Die fonds sal, as’t ware, dien as ‘n tregter om ‘n disproporsioneel afhanklike en kwesbare deel van die Suid-Afrikaanse samelewing onder sy vaandel te versamel.

Al hierdie pasiënte se belange word nou in een mandjie gegooi – ten goede of ten kwade. In versekeringsterme diversifiseer die fonds self sy risiko, aangesien hy nou meer pasiënte het is daar ‘n kleiner kans dat hy meer verpligtinge sal hê as hulpbronne om aan hulle te voldoen.

Maar, aan die teenkant, word alle Suid-Afrikaners se risiko nou in een groot instelling gekonsentreer. Kan ons dit bekostig?


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist