fbpx

MEDIAVRYSTELLING AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

Deur on Jun 21, 2019

21 Junie 2019

Die goeie nuus vir Afrikaanse kunstenaars is dat die datum vir die splinternuwe musiektoekenningsgeleentheid bekend gemaak is!

Pretoria FM het bevestig dat die nasionale toekennings vir gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -produksies op 16 Oktober vanjaar by die Moreleta-ouditorium in Pretoria gaan plaasvind.

Kunstenaars kan solank hulle inskrywings gereed kry, want die inskrywingsdatum is van 1 Julie tot 15 Augustus! Die wenners sal kan spog met ’n unieke trofeë wat spesiaal deur ’n bekende beeldhouer ontwerp word.

Volgens die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, gaan dit ’n Wêreldklas-vertoning wees wat gaan spog met die room van die land se Afrikaanse kunstenaars. Koortzen sê daar sal ook tydens die geleentheid erkenning gegee word aan ván die legendes in die Afrikaanse musiekbedryf.

Die publiek sal die geleentheid kan bywoon teen baie bekostigbare pryse en besonderhede oor kaartjieverkope sal binnekort bekend gemaak word.

Die Afrikaanse musiek- en kunste-mark kan solank sy vere begin regskud vir ’n nasionale glansgeleentheid sonder weerga!


Laat 'n boodskap
  1. Karen Brits   On   Jun 21, 2019 at 2:32 pm

    BAIE DANKIE! Ek is vandag so trots om ‘n Afrikaner genoem te word! Julle staan op vir ons Taal en Die Land!

  2. Marie   On   Jun 21, 2019 at 3:16 pm

    Dankie PretoriaFM! Ek is seker daarvan dat dit die Eerste van baie Wêreldklas Musiektoekenningsaande sal wees. Ons het groot kunstenaars wat dit verseker verdien, wat nog altyd oor die hoof gesien is. Ek dink sommer vinnig aan Manie Jackson!! Groete

    • Karen   On   Jul 12, 2019 at 10:22 am

      Hester

      Kunstenaars moet inskrywings aanlyn gaan invul – dit is vanaf 1 Julie 2019 beskikbaar op Pretoria FM se webblad.

      Kunstenaars moet 3 x harde kopieë van hulle inskrywings by Ontvangs afgee Loftus Park winkelsentrum in Blok A op vloer 2 – Kirkness str 416)– slegs tussen kantoorure van Maandag tot Vrydag. Alle navrae kan gerig word aan :inskrywings@aamt.co.za

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist