3 kop klapper

1 kop koekmeelblom

4 kop hawermout

1 kop graanvlokkies (corn flakes)

1 ½ kop witsuiker

½ t sout

1 t fyn kaneel

1 kop botter

3 e gouestroop

2 t koeksoda opgelos in ‘n ¼ k melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Meng al die droë bestanddele saam.
  3. Smelt die botter en die stroop saam en voeg dit by die droë bestanddele.
  4. Roer die koeksoda wat in die melk opgelos is nou by die res van die beslag.
  5. Druk die mengsel in ‘n bakplaat of twee vas (die dikte van die koekies moet so 1 cm wees) en bak dit vir 12 – 15 minute in die voorverhitte oond.  Hou net dop dat die hoeke nie brand nie.
  6. Sny die gebakte plaatkoek in blokkies so groot soos u verkies mbv ‘n mes, lig die blokkies versigtig uit die pan en laat dit heeltemal afkoel op ‘n afkoelrakkie.
  7. Bêre die hawermoutblokkies in ‘n lugdigtehouer.

‘n Heerlike koekie om ook in te sit in jou kind se kosblik.