Kontreidagboek, Werksgeleenthede, Reunies

Deur on Feb 8, 2019

Op Saterdag 29 Junie word ‘n Militere Veterane Fees aangebied deur die Suid-Afrikaanse Oorlogsgrafte Organiesasie in samewerking met Dickie Fritz MOTH Shellhole met gasspreker Lt Kol Wynant du Toit en Recce Stafsersant Johan Raath. Kos en verversings sal beskikbaar wees, asook ‘n Militere memorabilia vlooi mark. Alle opbrengste gaan aan deelnemende Veterane Organisasies. Toegangsfooi:  R20 pp, kinders onder 12 gratis.  Vir meer inligting skakel 011 027 2024

Ondersteun die CVO Skool se gholfdag op Vrydag, 19 Julie by Silverlakes Gholflandgoed. Borg ‘n putjie teen R4 000 of skryf ‘n vierbal in teen R2 400. Geniet die dag saam met hulle en speel in Afrikaans, praat Afrikaans, want hulle is trots Afrikaans. CVO Skool Pretoria se gholfdag op Vrydag, 19 Julie by Silverlakes Gholflandgoed. Kontak vir Kallie by 082 567 9616 vir meer inligting.


Neem deel aan die GHA se jaarlikse digkompetisie en wen groot pryse: Algehele wenner R3000, Naaswenner R2000 en 11 afdelingpryse van R1000 elk. Sluitingsdatum 30 Junie 2019.  Afdeling onderwerpe is:
1.       Die pad vorentoe;
2.       Verset teen onreg;
3.       Terapeuties;
4.       Liefde;
5.       Die erwe van ons Vaad’re
6.       Geestelik,
7.       Mymeringe
8.       Natuur;
9.       Hoe lyk ons nou?
10.   Afrikaans, o soetste taal
11.   Algemeen
Skakel 081 250 5060 of skryf aan gha@afrikaans.org.za en miskien word jou gedigte wat al jarelank stof vergaar gepubliseer in Stemme uit die Suiderland.

WERKSGELEENTHEDE: 19 JUNIE

e-Consulting Accountants (Pty) Ltd – SAIPA klerke, tov Professionele Rekenmeesters, gesoek in Pretoria-Oos. CV’s kan gestuur word aan willem@e-consultingtax.co.za

Nina van Zuydam

Tel 012 111 0061    |    Fax 086 564 4668

Bejaardesorg Sentrum in Montana benodig die dienste van ‘n Afrikaans sprekende aflossuster.

Kontak Marie 012-9438700

POSTE BESKIKAAR:

POS BESKIKBAAR: BOEKHOUDSTER (DAME TUSSEN 20 EN 35 JAAR OUD)

 REKENMEESTERS FIRMA: PRETORIA-OOS

 PERMANENTE BETREKKING OM DADELIK DIENS TE AANVAAR

VEREISTES:

 Boekhoudster moet kasboeke kan opskryf

 BTW tot en met proefbalans

 PASTEL ervaring

 Boekhou ervaring is ‘n moet

 SALARIS: (Onderhandelbaar na gelang van kennis / ervaring)

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE POS, STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD’ FORMAAT AAN: este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  BOEKHOUDSTER MET ‘GHOST PRACTICE’ ONDERVINDING

PROKUREURS FIRMA:  MENLO PARK, PRETORIA

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

VEREISTES:

 15 + Jaar / kennis as ‘n Boekhoudster by ‘n Prokureurs Firma met ‘Ghost Practice’ kennis

SALARIS:  (onderhandelbaar na gelang van kennis / ervaring

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE POS, STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD’ FORMAAT AAN: este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  Junior Finansiële Admin Klerk

REKENMEESTERS FIRMA – BROOKLYN, PRETORIA

PERMANENTE BETREKKING OM SPOEDIG DIENS TE AANVAAR

VEREISTES:

Matriek

Rekenaar Vaardig:  (Microsoft office & PASTEL)

Vorige ondervinding van Data-invoere op Pastel (rekening-kundige syfers)

SALARIS:  R 8 000 – R 10 000 PER MAAND (Onderhandelbaar)

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE BETREKKING STUUR ASB CV’S IN WORD FORMAAT AAN:  este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  MEDIESE ONTVANGSDAME

PRAKTYK, DIE WILGERS, PRETORIA-OOS

PERMANENTE BETREKKING

VEREISTES:

Ontvangsdame met vorige ondervinding by ‘n Mediese Praktyk

Rekenaar Geletterd:  MS Outlook/Word/Excel en mediese faktuur sisteme program

Ten volle tweetalig in Afrikaans & Engels

Professioneel, netjiese voorkoms en uitstekende telefoon etiket

Eie vervoer en geldige rybewys

PLIGTE:

Telefoon, Pasiënte ontvang, Teater lyste reël, leêrs oopmaak, algemene administratiewe werk

SALARIS:  (Onderhandelbaar)

OM AANSOEK TE DOEN VIR HIERDIE POS STUUR CV’S IN ‘WORD’ FORMAAT, ASOOK ENIGE KWALIFIKASIES  / SERTIFIKATE MET VERWYSING:  ONTVANGS / PRAKTYK AAN:  este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR:  KANDIDAAT PROKUREUR OM DADELIK DIENS TE AANVAAR

PROKUREURS FIRMA – MENLYN, PRETORIA-OOS

VEREISTES:

LLB Graad

Geldige bestuurders lisensie en eie vervoer

Ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels

STUUR OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’, ASOOK UNIVERSITEIT UITSLAE / SERTIFIKATE / KWALIFIKASIES AAN:  este@avatarhr.co.za

TEMP ONTVANGSDAME / TIKSTER

BEGIN:  1 JULIE 2019 TOT 30 SEPTEMBER 2019 (SLEGS TEMP)

PROKUREURS FIRMA:  CENTURION

VEREISTES:

Junior dame met tik ondervinding en ontvangs hanteer

Uitstekende telefoon etiket

Rekenaar geletterd

SALARIS:  (Onderhandelbaar na gelang van ondervinding)

STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ AAN:  este@avatarhr.co.za

JUNIOR BOEKHOUDSTER (PROKUREURS FIRMA)

MENLYN, PRETORIA-OOS

PERMANENTE BETREKKING

VEREISTES:

2 + Jaar ondervinding / kennis as ‘n Junior Boekhoudster by ‘n Prokureurs Firma

PASTEL kwalifikasie

SALARIS: Onderhandelbaar na gelang van kennis / ondervinding

STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN ‘WORD FORMAAT’ ASOOK PASTEL KWALIFIKASIE AAN:  este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR : SENIOR LITIGASIE TIKSTER

PROKUREURS FIRMA – BROOKLYN, PRETORIA

PERMANENTE BETREKKING

VEREISTES :

Moet Hooggeregshof en Landroshof bevele kan uitvoer

Moet rekeningstate kan opstel, verkieslik Legal Suite program ken

Moet instruksies op haar eie kan uitvoer

SALARIS:  (onderhandelbaar na gelang van kennis / ondervinding

MOET ASB NIE AANSOEK DOEN VIR POS INDIEN JY NIE VOLDOEN AAN AL DIE VEREISTES NIE.

STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN WORD FORMAAT AAN:  este@avatarhr.co.za

POS BESKIKBAAR : JUNIOR LITIGASIE TIKSTER / ONTVANGSDAME

PROKUREURS FIRMA – BROOKLYN, PRETORIA

PERMANENTE BETREKKING

VEREISTES :

Netjies, professioneel

Rekenaar geletterd met uitstekende tik vermoë / spelling

Vriendelik persoonlikheid, met uitstekende telefoon etiket

Ondervinding in litigasie werk, Hooggeregshof sowel as Landroshof is voordelig

SALARIS:  (onderhandelbaar na gelang van kennis / ondervinding

MOET ASB NIE AANSOEK DOEN VIR POS INDIEN JY NIE VOLDOEN AAN AL DIE VEREISTES NIE.

STUUR ASB OPGEDATEERDE CV’S IN WORD FORMAAT AAN:  este@avatarhr.co.za

Mack is opsoek na ‘n Winkel uitruster vir ‘n restaurant (Shopfitter)

Kontak: Mack – 076 939 7300/ WhatsApp/SMS:  076 939 7300


Laat 'n boodskap
  1. Melodie Veldhuizen   On   Mrt 26, 2019 at 7:51 pm

    Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00Goeienaand. Vanoggend het ek so in die verbygaan gehoor maar die meeste inligting gemis. Dit het geklink na ‘n Countryfees, R80-00 per volwassene. Maar ek het nie gehoor waar en wanneer nie en ook nie die kontakbesonderhede nie.

  2. Erma Janse van Rensburg   On   Mei 24, 2019 at 6:49 am

    NG Kerk Wolberg, Tzaneen. Basaar 31 Mei en 1 Junie. Bullietjie Rugby, Trompoppies,Ons gewilde sosaties,en al die ander basaar kos.

  3. Attie Boshoff   On   Mei 27, 2019 at 3:06 pm

    AP Kerk Pretoria-Oos bied ‘n Skoolverlaterskamp aan van 16-22 Junie 2019 te Esperanza (tussen Viljoenskroon en Vredefort). Baie skoolverlaters wat die kamp bygewoon het, sal sê dat die kamp dié hoogtepunt van jou skoolloopbaan is.

    Dit is ‘n geestelike kamp waar mens (tussen baie pret en kameraadskap deur) toegerus word vir die lewe na skool. Die kamp sal alle verwagtinge oortref, en dit kom met ‘n geld-terug-waarborg…

    Kontak ds. Attie Boshoff by attie.boshoff@apk.co.za vir meer inligting en inskrywingsvorms.

  4. Petrus Venter   On   Mei 29, 2019 at 6:24 am

    Hemelvaartdiens op 30 Mei 2019 by Gereformeerde Kerk Pretoria om 18h30 in historiese Paul Kruger kerk. Diens word waargeneem deur dr Petrus Venter.. Lees uit Johannes 14

  5. Yvette Lamberts   On   Jun 10, 2019 at 10:52 am

    Laerskool Pierneef in Pretoria Moot bied ‘n Damesoggend aan saam met Sorina/Flooze op 20 Julie 2019. Daar is ook ‘n Wintersmark met talle stalletjies van handsakke en serpe, juwele en krale tot wynproe en ‘n Jenewerkroeg! Definitief ‘n kueiergeleentheid wat nie gemis kan word nie. Kaartjies is R150, en sluit middagete in. Kontak die skool vir meer inligting of kaartjieverkope.

  6. Yvette Lamberts   On   Jun 10, 2019 at 11:00 am

    * Augustus hou Laerskool Pierneef ‘n Musiekfees wat niemand mag mis nie!!! Dirk vd Westhuizen en die nuwe groep “Tussen Sterre” gaan optree en vir hope vermaak sorg!! Kom honger, want daar is talle Foodtrucks met die allerheerlikste kosse te koop asook kindervermaak vir die kinders. Kaartjies is R100/volw en R80/kind en is beskikbaar by Laerskool Pierneef of kontak Yvette by yvettelamberts@icloud.com

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist