Deel 1:

1 middelslag  piesangbrood (reeds gebak die vorige dag)

Piesangbrood

125 ml botter

1 kop witsuiker

2 ekstragroot eiers

500 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

6 ryp piesangs (fyngemaak)

5 ml vanieljegeursel

2,5 ml sout

Metode:

  1. Klits die botter en suiker tot lig en romerig en roer die vanieljegeursel daarby in.
  2. Klits nou die eiers een vir een by die bottermengsel en meng goed deur.
  3. Sif die droë bestanddele en voeg dit by die bottermengsel.
  4. Druk die piesangs goed fyn met ‘n vurk se agterkant, voeg dit by die deeg beslag en meng goed deur.
  5. Skep die beslag in ‘n middelslag broodpannetjie (30X10X7cm) wat met kleefwerende kossproei bespuit is.
  6. Bak die broodjie vir 1 uur in die voorverhitte oond van 180°C
  7. Laat afkoel op afkoelrakkie.

Deel 2:
(1 liter vla) … gemaak van:
4 X 250ml melk

90 ml strooisuiker

90 ml vlapoeier
5 ml (1 t) vanielje gerusel

Knippie sout

Metode:

  1. Meng die droë bestanddele met 250 ml van die melk,  verhit die res van die melk en roer die aangemaakte vlamengsel geleidelik by die warm melk terwyl u roer met ‘n houtlepel.
  2. Roer oor lae hitte totdat dit verdik.
  3. Laat afkoel tot lou.

Deel 3 Vrugte en sous

SOUS
1 blik gesnipperde  vrugte (cocktail), gedreineer
30 ml  strooisuiker

  • ml vlapoeier
  1. Meng die vlapoeier en strooisuiker met die sous van die vrugte en kook die sous terwyl u dit roer oor lae hitte totdat dit begin verdik
  2. Roer die vrugte liggies daarby in en hou eenkant.

Koekstruif

  1. Sny die piesangbrood in skywe.
  2. Plaas die skywe piesangbrood,  die vrugte in stroop en die vla in lae in ‘n mooi glasbak.  Herhaal die lae en eindig met ‘n lagie vla.
  3. Laat eers afkoel voordat u dit in die yskas plaas om heeltemal koud te word.
  4. Net voor opdiening rond  u die koekstruif af met styfgeklopte room en marachino kersies.
  5. Hierdie koekstruif kan ook in enkel bakkies (4 – 6 porsies) in mooi glasbakkies voorberei word.

‘n Oulike nagereg ook vir nuwejaarsdag.