Gratis Slimfoon applikasie  
16:44:59 ---Day: 1
Sarina Frauenstein en Esmarie Yssel Klankkoerant – Aanduitgawe 16:00 – 18:45
LUISTER AANLYN:
DSTV Radio Kanaal:887  

Klankkoerant - Landbou

KLANKKOERANT LANDBOU – 6 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program berig ons oor die regering se grondoudit. Is daar te min vordering gemaak met die grondhervormingsproses? Ons gaan aanklop by die Streekbestuurder van TLU SA Oosstreek, Danie du Plessis . Hy is direk betrokke by die die grondhervormingsproses en restitusie-eise.
  • Later in die program: Dag zero is besig om vining nader te kruip vir watervoorsiening in die Oos-Kaap met die wat die Kougadam reeds minder as 10% water in het. Ons besin oor die invloed daarvan op besproeingsboere en werkers in die vrugtebedryf. Die Voorsitter van die Gamtoosbesproeeingsraad, Pierre Joubert gaan ons meer daarvan vertel.
  • En in Limpopo is daar vanjaar weer die voorkoms van die herfskommandowurm, soos ook aangemeld in Mpumalanga. Die wurm kom in al vyf distrikte in die provinsie voor. Ons gesels met die HUB van Agri Limpopo Willem van Jaarsveld.

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 5 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program vra ons die vraag of die bou van nuwe damme in Afrika ‘n uitkoms gaan bied tydens ondergemiddelde reënjare en of nuwe damme ook tot voordeel gaan wees vir die opwekking van hidrokrag. Die kenner in die ateljee is dr Kevin Gast van Gast International.
  • Later in die program vind ons uit hoe die landbou-omstandighede in die Noord-Kaap tans daar uitsien. Ons gesels met ‘n bekende boer van Upington, Johannes Moller.
  • En in ons weeklikse gesprek oor arbeidsake, berig ons oor die doel van die Werkloosheidsversekeringsfonds. Mishka Mars van die LWO gaan ons meer duidelikheid daaroor gee. 0861 101 828

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 2 FEBRUARIE 2018

  • Meer as 30 plaasaanvalle is gedurende Januarie aangeteken. Dit kom neer op meer as een aanval per dag. Dis volgens die landbou-organisasie TLU-SA. Ons gaan aanklop by die Assistent-Hoofbestuurder Beleidskakeling, Genl Chris van Zyl. 012 804 8031
  • NAMPO gaan Kaap toe! Daar is ‘n ooreenkoms bereik tussen Graan SA en die bestuur van Bredasdorp Megapark om ‘n Kaapse Nampo-skou by dié dorp aan te bied. Die Uivoerende Hoof van Graan SA Jannie de Villiers, gaan ons op hoogte bring van hierdie opwindende verwikkeling.
  • En die 10de Wêreldaartappelkongres gaan vanaf 27 tot 31 Mei in Peru in Suid-Amerika aangebied word. Ons gesels hieroor met die Hoof van Aartappel SA, André Jooste.

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 1 FEBRUARIE 2018

  • Na wat berig word het die Adjunk-minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Mcebisi Skwatsha, gesê dat die ANC in Maart ‘n konferensie oor onteiening sonder vergoeding sal hou en dat dit daarna deur alle relevante staatsdepartemente geïmplementeer sal word.  Hy is aangehaal om te sê dat die ANC sal bepaal wie se grond hulle sal vat en hoe hulle dit sal doen.  Dit is egter nie sommer net vir vat nie, het Mnr Ernest Pringle, voorsitter van Agri SA se Grond sentrum van Uitnemendheid gesê. Dit is ook nie ‘n besluit wat die ANC op hulle eie kan neem en dan eenvoudig begin uitvoer nie.
  • Die volhoubaarheid van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika word bedreig as die regte ondersteuning met dieregesondheid op die plaas nie bewerkstellig word nie. So sê die Nasionale Rooivleisprodusenteoganisasie (RPO). Die HUB van die RPO, Gerhard Schutte gaan vir ons terugvoer gee van ‘n strategiese beplanningsessie wat in Bloemfontein gehou is.
  • En goeie reën het die afgelope tyd oor verskeie gebiede voorgekom, soos in dele van Botswana. Onafhanklike Weerkundige Sakkie Nigrini gaan ‘n opsomming gee van wat die weer vir ons hou vir die volgende paar dae.

Laai Af