Gratis Slimfoon applikasie  
17:57:19 ---Day: 1
Sarina Frauenstein en Esmarie Yssel Klankkoerant – Aanduitgawe 16:00 – 18:45
LUISTER AANLYN:
DSTV Radio Kanaal:887  

Landbouradio

LANDBOUNUUS – 9 NOVEMBER 2017

  • Dr Paul Lubout, Besturende Direkteur van Wildlife Stud Services, bespreek teeldoelwitte en prestasie standaarde in die wildbedryf en hoe jy jouself moet meet teen hierdie standaarde om vooruit te boer verduidelik. 0716425219
  • Derick Fick van Claudius Hoop, en deel van Classic Game Breeders, boer met wild tussen Vivo en Dendron. Hy vertel hoe renosterstropery hul boerdery affekteer en hy praat oor die wettiging van renosterhorings.
  • Verona Goslett van die Wild- en Jagtydskrif, wys daarop dat, na ‘n onstuimige jaar, die wildbedryf darem op ‘n positiewe noot eindig. Sy vertel ook van Wild en Jag se eie koffietafelboek. (wildenjag.tv)
  • Sakkie Ngrini, onafhanklike weerkundige verskaf die weervooruitsigte vir die volgende paar dae in Suid-Afrika. 0123356794 / 0834531153

Laai Af

LANDBOUNUUS – 8 NOVEMBER 2017

  • Adri van Wyk boer met skape op die plaas Mervera in die Calvinia-distrik.  Hy vertel van sy lamhokstelsel, hoe die stelsel werk en die voordele van die stelsel.
  • Pierre Vlok, bekende skaapkenner, gesels oor besproeide weidings vir hoër veeproduksie.
  • Jan-Louis Venter, Produksie Adviseur van NWKV, bespreek tien kategorieë waarin foute in die skeersel aangeteken word en hoe om kempbesmetting te voorkom 0836501131
  • Donald Mouton, van die SA Melkboktelersvereniging, praat oor die vier verskillende melkbokrasse in Suid-Afrika.

Laai Af

LANDBOUNUUS – 7 NOVEMBER 2017

  • Helene Pheipher, Bestuurder by die MPO se Instituut vir Suiweltegnologie, vertel van hulle werksaamhede, watter dienste en opleiding hulle bied en beurse wat nou beskikbaar is vir studente 0128435749 / 0795281394 www.mpo.co.za
  • Dr Danie Odendaal, Besturende Direkteur van Veeartsnetwerk, bespreek belangrike aspekte van belang by die inenting van kalwers en die Klostridium siektes waarvoor inenting nodig is. 0824540532
  • Archie du Plessis van Du Plessis Ngunis naby Jagersfontein en president van die Nguni Beestelersgenootskap praat oor die ras en sy eienskappe 0824604818 / 0514487302
  • Peter Milton van Mildex, wys daarop dat goeie observasie op die beesplaas verliese uitskakel, en hy gesels ook oor die doel van ‘n aansporingsbonus vir ‘n veewagter 0836308868 / info@petermilton.co.za

Laai Af

LANDBOUNUUS – 6 NOVEMBER 2017

  • Colin Bremner van Kleinskuur Boerdery – praat ook Akwaponika, hidroponika endie werking van sulke stelsels ww.ksda.co.za
  • Isobel van der Stoep  Tegniese Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut (SABI), praat oor onderhoud aan spilpunte aan die begin van ‘n seisoen www.sabi.co.za
  • Jaco Nel van CCL Global, ‘n gesondheidsmaatskappy wat spesialiseer in die voorkoming, behandeling en genesing van verskeie siektetoestande, gesels oor van die produkte wat hulle aanbied. 0846364455

Laai Af