Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
19:38:42 ---Day: 1
Pienaar Lochner 18:00 – 22:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Klankkoerant Landbou

KLANKKOERANT LANDBOU – 11 JANUARIE 2019

  • Vandag klop ons aan by die Uitvoerende Hoofbestuurder van Agri Noordwes, Boeta du Toit om uit te vind hoe aanplantings en die weidingsgebiede in dié provinsie daar uitsien. 
  • Later in die program: Opvolgreën is van kardinale belang vir somergewas-oeste. Wat hou die weer vir ons in? Ons vind uit by ‘n landbouweerkundige verbonde aan Santam Landbou, Johan van den Berg
  • En ons sluit af met landbounuus, onder andere hoor ons van ‘n boer wat gebruik maak van ‘n traangasbom om elektriese toerusting op sy plaas te beskerm.

Laai af

KLANKKOERANT LANDBOU – 10 JANUARIE 2019

  • Die uitbreking van die gevreesde Bek-en Klouseer in die Vembe-distrik in Limpopo, het reeds daartoe gelei dat Botswana ‘n verbod geplaas het op die invoer van veeprodukte. Die Republikein in Namibië berig dat ook dié land ‘n verbod geplaas het op Suid-Afrikaanse vleis. Ons praat hieroor met die Voorsitter van die Limpopo Dieregesondheidsforum, Willem van Jaarsveld
  • Later in die program: Die woordvoerder oor Landbou van die VF+
  • Wouter Wessels is in die ateljee om te gesels oor onteiening.
  • En in ons sluit af met ‘n kykie na sonneblomverhandeling.  Aan die woord is ‘n onafhanklike tegniese ontleder, Frans de Klerk

Laai af

KLANKKOERANT LANDBOU – 9 JANUARIE 2019

  • Die nuus oor die voorkoms van Bek-en-Klouseer buite die buffer area in die Vhembe-distrik van Limpopo, is met uiterste skok deur verskeie organisasies Ons kry terugvoer vanaf die Besturende Direkteur van Afrivet, dr Peter Oberem 
  • Later in die program: Hoe lyk landboutoestande in die Wes-Kaap? Ons vind uit by die Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap, Charl Opperman
  • En die bekende Balfour Hooidag vind volgende week Woensdag plaas. Ons gesels met die Voorsitter, Gert Kriek

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 8 JANUARIE 2019

  • Een van die temas by vanjaar se Aldam-Veeskool is tegnologie, wat onontbeerlik is vir die hedendaagse boer. Ons praat met dr Michael Bradfield van Breedplan
  • Later in die program: Hoe vorder die aanplantings in die onderskeie saaigebiede. Ons vind uit by ‘n landbou-ekonoom en navorsingskoordineerder verbonde aan Graan SA, Petru Fourie 
  • En ons maak ‘n draai in Noordwes. Wydverspreide reën het oor dele van dié provinsie voorgekom. ‘n Kunsmishandelaar van Ventersdorp, Kees Gouws, vertel ons meer.

Laai Af