Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
07:35:20 ---Day: 1
Hennie Koortzen en Estel Cronje Klankkoerant – Oggenduitgawe: 06:00 – 09:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Klankkoerant Landbou

KLANKKOERANT LANDBOU – 21 JUNIE 2018

  • Ons stel vandag ondersoek in na die openbare verhore / deelname wat begin het met betrekking tot die wysiging al dan nie van die Grondwet, om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding. Dit het onder ons aandag gekom dat daar reeds afgewyk word van die voorgestelde skedule. Ek gesels met die Streeksbestuurder, Oosstreek van TLU SA in Ermelo, Danie du Plessis
  • Later in die program: Boere word gemaan om onmiddellik tot aksie oor te gaan met die oog op Snotsiekte se negatiewe uitwerking op Suid-Afrika se vee, met beeste wat nog steeds daaraan vrek. Ons vind meer uit by dr Hanre Bredenkamp, Tegniese en Bemarkingsbestuurder / Produkbestuurder by Afrivet.
  • En ons sluit af met ‘n opsomming van die stand van die vernaamste opgaardamme in Suid-Afrika, soos verskaf deur die Departement van Water en Sanitasie. dwa.gov.za/Hydrology/Weekly/Province.aspx

 

Laai af

KLANKKOERANT LANDBOU – 20 JUNIE 2018

  • ‘n Verdere styging in die brandstofprys word verwag in Julie. Dit kan boere en die verbruiker direk raak. Ons gesels met die Hoof van Landbou, Inligting en Bemarking van FNB, Dawie Maree
  • Later in die program: Vroeër vanjaar het ons berig oor brandsiekte by jakkalse. Word daar nog gevalle aangeteken? Ons vind uit by ‘n onafhanklike adviseur van die Predasiebestuursforum, dr Gerhard Verdoorn 
  • En Juniemaand is bekend vir die viering van Jeugmaand, veral met die fokus op die beskerming van kinders. Suidwes Landbou is betrokke by verskeie inisiatiewe om die jeug op ʼn praktiese manier meer van die verskillende fasette van die landbousektor te leer. Aan die woord die Bestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie, Deon Badenhorst

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 19 JUNIE 2018

  • Teen Vrydag is daar reeds honderde duisende voorstelle mbt onteiening sonder vergoeding by die Parlement ingedien. Verskeie individue en organisasies het voorleggings gemaak. Wat gaan volgende gebeur, en wat is die verwagtinge rakende die openbare verhore? Ons vind uit by die Hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl
  • Later in die program kry ons terugvoer oor die beraad oor plaasaanvalle en veediefstal wat in Pretoria gehou is. Aan die woord, Boeta du Toit van Agri SA
  • Dit wil voorkom of motte wat in Riviersonderend en Swellendam in die Wes-Kaap gevind is, moontlik dié kan wees van die Herfskommandowurm. Vir meer hieroor gesels ek met Jan-Hendrik Venter – Wetenskaplike bestuurder by die department van landbou, bosbou en vissery

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 18 JUNIE 2018

  • Pas na die sluiting van openbare kommentaar aangaande die onteiening van eiendom sonder vergoeding, het Solidariteit die lig gewerp op ʼn tragiese grondhervormingsprojek wat homself in Limpopo afgespeel het. Dit volg nadat ʼn plaas wat in 2010 deur middel van ʼn grondhervormingstransaksie aan ʼn trust oorgedra is nou in absolute verval is. Dit was die gevolg van ʼn breedvoerige arbeidsgeskil weens wanbetaling en ʼn onregmatige afdanking. Om ons meer te vertel gaan ons aansluit by die Hoof: Arbeidsreg Dienste van Solidariteit, Anton van der Bijl 012 644 4300 
  • Later in die program: Nog ‘n plaasaanval het Vrydag in Ladybrand in die Vrystaat voorgekom. Ons gaan meer inligting verkry vanaf ‘n Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat landbou (VL), dr Jane Buys
  • En ons sluit af met die weeklikse gesprek oor arbeidsake. Mariëtte Redelinghuys van die LWO praat oor die lewering van bewyse tydens dissiplinêre verhore en arbitrasies. 0861 101 828 lwo.za

Laai Af