Gratis Slimfoon applikasie  
16:57:39 ---Day: 1
Sarina Frauenstein en Esmarie Yssel Klankkoerant – Aanduitgawe 16:00 – 18:45
LUISTER AANLYN:
DSTV Radio Kanaal:887  

Landbou

KLANKKOERANT LANDBOU – 20 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program: Volgens die Landbou-organisasie TLU-SA het daar in die eerste 7 weke van vanjaar reeds 70 plaasaanvalle en 8 moorde voorgekom. Ons gesels oor hierdie onrusbarende tendens met die Hoof van Gemeenskapsveiligheid by Afriforum, Ian Cameron
  • Later in die program: TLU-SA sê dat Suid-Afrika die werklike uitdagings wat die land in die oë staar, moet identifiseer vir wat dit is.  Verder stel ‘n snelgroeiende bevolking toenemende eise aan ‘n baie klein belastingbasis. Vir hulle reaksie nou op die Staatsrede en ook vir die verwagtinge met betrekking tot die Begrotingsrede, gaan ons aansluit by die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl 012 804 8031
  •  En in ons derde bydrae: Kapitaal is so skugter soos ‘n koedoe, en as dit skrik, hardloop dit weg. Daarom moet daar gewaak word teen uitsprake soos onteiening sonder vergoeding. Dis die woorde van Agri Limpopo. Die Voorsitter van hul Landbou-ontwikkelingskomitee, Dr Theo de Jager, gaan toeligting verskaf hieromtrent

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 19 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program: Die Landbousektor-Eenheidsforum, ook bekend as ASUF het die hoop uitgespreek dat die nuwe presidensie ‘n ommekeer sal bring in die terugslae wat Suid-Afrika en landbou die afgelope 9 jaar ervaar het. Die Voorsitter van ASUF, Japie Grobler gaan by ons aansluit.
  • Later in die program: Verlede jaar se Boer van die Jaar, Charles Back van die Fairview Landgoed in die Paarl, wat wreed in sy huis aangeval is, laat hom nie van stryk bring nie. Hy is, na hy uit die hospitaal ontslaan is, weer terug plaas toe. Ons gesels met die President van Agri-SA, Dan Kriek
  • En in ons derde bydrae fokus ons in arbeidsake, op vakbonde in die werksplek. Elmari Lemmer gaan meer lig werp daarop. 0861 101 828

Laai af

KLANKKOERANT LANDBOU – 16 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program: Party kundiges verwag dat die herfskommandowurm landswyd in Suid-Afrika kan versprei. Om meer lig te werp hierop sluit ons aan by die Bestuurder Graannavorsing en Beleidsentrum van Graan SA, dr Marinda Visser
  • Later in die program: TLU-SA se Jongboerkonferensie vind oor sowat ‘n maand, plaas, en wel op 15 Maart in Heidelberg. Die voorsitter van die Jongboerkomitee, Derick Kuün gaan ons meer daarvan vertel. 072 437 0050
  • En in ons derde bydrae berig ons oor hoe dit tans met die varkbedryf gaan. Die HUB van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente Organisasie, of te wel SAPPO, Johann Kotzé gaan verduidelik watter invloed die droogte ook op dié bedryf gehad het.

Laai Af

KLANKKOERANT LANDBOU – 15 FEBRUARIE 2018

  • In vandag se program: ‘n Nuwe politieke bedeling het in Suid-Afrika aangebreek na die bedanking van Jacob Zuma as Staatspresident. Wat gaan die implikasies wees op landbougebied. Ons gaan uitvind by die HUB van die Landbousakekamer of te wel Agbiz, dr John Purchase.
  • Later in die program: Met die aangename reën wat tans oor groot dele van die land uitsak, gaan ons die jongste inligting verkry vanaf onafhanklike weerkundige, Sakkie Nigrini, oor wat die weer vir ons inhou vir die volgende paar dae. netfor.co.za
  • En ons sluit af met ‘n opsomming van die stand van die vernaamste opgaardamme in Suid-Afrika, soos verskaf deur die Departement van Water en Sanitasie. dwa.gov.za/Hydrology/Weekly/Province.aspx

 

Laai Af