Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
19:04:45 ---Day: 1
Pienaar Lochner 18:00 – 22:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Klankkoerant

KLANKKOERANT OGGEND: 17 DESEMBER 2018

Esmarie Yssel het ’n gesprek gevoer met dr. Don Roos oor die oorsprong van bekende plekname in Pretoria. Hy het onder meer gepraat oor Silverton en het erts van die Silwermyn ateljee toe gebring. Ander plekke wat bespreek is, is Equestria, Die Wilgers, Brummeria, Nellmapius, Mamelodi, Waltloo, Eersterust, Derdepoort en Onderstepoort.

Laai Af

KLANKKOERANT OGGEND: 14 DESEMBER 2018

James Kemp gaan op ’n nostalgiese reis terug in tyd saam met die oudleier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder. Herinnerings word opgediep en staaltjies word vertel, soos die dag toe Helen Suzman haar – tydens haar toespraak – uit haar onderrok gewikkel het.

Laai Af

KLANKKOERANT BYLAAG: 21 NOVEMBER 2018

Skuins Voor Pouse: Inklusiewe onderwys is die tema in vandag se onderwysprogram. Hanlie Swanepoel, ‘n koördineerder van leerderondersteuning werp lig op die onderwerp.

Laai Af

KLANKKOERANT BYLAAG: 16 NOVEMBER 2018

Skuins Voor Pouse: Sonia Roux, voorligting sielkundige, gesels oor die neem van ‘n brugjaar na matriek. Vir meer inligting skakel: 012 329 2085

Laai Af