Kan Moslemgeweld ook in SA ’n werklikheid word?

Deur on Mei 4, 2019

Nuuskommentaar: 3 Mei

Hoe groot is die moontlikheid dat Suid-Afrika dieselfde kan beleef as die terreuraanvalle wat Sri Lanka onlangs getref het?

Om ’n raaiskoot op die vraag te waag, vereis dat ’n mens meer oor die binnewerking van die Islam moet verstaan.

Waar ideologie met Marxistiese elemente met die aanvanklike vlaag van internasionale terrorisme met name soos die Rooi Brigades, die Ierse Rapublikeinse Leër, die Tupomaros, Swart September, Baader-Meinhofs en ander ’n belangrike element was,  speel verskillende benaderings tot die Islam vandag ’n oorheersende rol.

Dit moet in gedagte gehou word dat die Islam, net soos die Christendom, nie ’n homogene godsdiens nie. Die meeste mense weet van die Ajatollas van die Sjiïete, wat veel minder is as die meerderheid wat Soenies is. Beide hierdie vertakkings, wat erg vereenvoudig met die onderskeid tussen byvoorbeeld die Rooms-Katolieke en die Ortodokse vergelyk kan word, het op hul beurt vertakkings, of sektes. Waarskynlik die bekendste onder die Sjiïete is die Alawiete, waartoe die Assad-dinastie in Sirië behoort – dus ’n minderheid binne ’n minderheid. Nie alle Moslems erken die Alawiete as werklike Moslems nie.

Binne die Soenie-meerderheid was een van die vroegste groepe wat ontstaan het, die Fatimiste, vernoem na Mohammed se dogter, Fatihma.

Die groep wat die afgelope dekade egter sedert die aanval op die Wêreldhandelsentrum en ander teikens in die VSA groot bekendheid verwerf het, is die Salafiste. Ook Isis is uit dié radikale denkskool gebore. In dieselfde dampkring is die Boko Haram in Nigerië, die radikale groepe wat Timboektoe tydelik verower en enorme skade aangerig het en El Shabaab in Somalië. Hoewel in ’n stadium formeel by Isis geaffilieer is dié organisasie nie heeltemal Salafisties nie, en hul vertakking sluit eerder teologies aan by die Wahabiete van Saoedi-Arabië. Teen-terreurkenners hou dus die oog op wat in Saoedi-Arabië kan gebeur waar die koningshuis op die oomblik nog enorme invloed uitoefen, en ’n taamlike stabiele westerse bondgenoot tot gevolg het. Maar dis alles behalwe verseker.

Ook binne die Soenie-groepering is daar die Soefi’s of Soefti’s wat as vreedsaam en vredeliewend beskou word. Onlangs het Isis egter die vreedsaamheid met geweld vergeld deur ’n Soefi-moskee op die Sinai-skiereiland in Egipte aan te val, en na berig word is sowat 300 Soefies in die aanval dood.

Die meeste van die Moslems in Sri Lanka word as Soefi’s beskou, en hulle maak sowat tien persent van die Sri Lankaanse bevolking uit. Die oorgrote meerderheid Sri Lankane is Singalese Boeddhiste, wat die land ook regeer. ’n Persentasie hiervan is ook radikaal en die Moslems is al geteiken. Boonop is die meeste Moslems, lede van die hoofsaaklik Hindoe-Tamils, en ’n kleiner groepie lede van die Moorse gemeenskap, wat vroeg in Sri Lanka se bestaan as gemeenskap van Moslems uit verskillende wêrelddele, en dus ’n groot verskeidenheid benaderings ontstaan het.

Die radikale wat deur die Salafiste beïnvloed is, is gewoonlik redelik jonk, en baie het noue bande met Salafiste elders.

Dit is slegs ’n baie kort en ongelukkig nie ’n baie volledige beeld van die Islam in Sri Lanka en wêreldwyd nie, want ruimte ontbreek. Wat ’n mens egter by voorbaat op die hoede behoort te stel, is dat daar groot ooreenkomste is tussen die samestelling en geskiedenis, asook persentasies, van Moslems in Suid-Afrika en Sri Lanka. Bande met Isis en voorheen, Al Kaïda, het reeds periodiek in Suid-Afrika aan die lig gekom.

Met baie Moslems, veral in die Kaap, wie se herkoms in Indonesië lê, is daar ’n teoretiese kussing teen die radikalisme.  Die groot steun vir Hamas en ander radikale Palestynse groepe moet egter ook nie die flikkerende rooi lig verdof nie.

Intussen toon die Gift of the Givers hoe die Soefi’s ’n totaal ander konsep uitstraal.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist