01:40:09 ---Day: 1
Karen Zeelie Deurnag: 00:00 – 05:30
LUISTER AANLYN:
DSTV Radio Kanaal:887  

Joernaal

Charl Blignault – 2 November 2015

Daar is ‘n voorlesing van twee kort, toepaslike staaltjies;  en die tweede gedeelte van ‘n gesprek met die 28-jarige Charl Blignault oor die vroue in die Ossebrandwag volg. Hy word tans beskou as dié kundige oor die onderwerp in die land en hy gesels BAIE, BAIE interessant!  “Kalender”, nuus oor teaterproduksies en konserte gedurende November, word ook bespreek. Marianne Breytenbach is die programaanbieder.

Dr. Estelle Ferreira/Voorlesing/Boekedag – 26 Oktober 2015

Dr. Estelle Ferreira praat oor Rekenaarlees;  daar is ‘n Voorlesing oor Afrikaanse toneel uit Voetligte en applous‘;  en nuus oor ‘n Boekedag op 20 Februarie by Diamantvallei.  Marianne Breytenbach is die programaanbieder.

Hannes van Heerden en Rudi van Wyk – 19 Oktober 2015

Hannes van Heerden vertel meer oor ‘n internetbetaalmiddel, nl. Bidcoin;  Daar is ‘n telefoniese gesprek met Rudi van Wyk oor die uitgee van E-boeke;  en ‘n vrolike voorlesing.  Marianne Breytenbach is die programaanbieder.

Sonja Smit en Elize Tirion – 12 Oktober 2015

Sonja Smit en traumaberader Elize Tirion gesels oor selfdood, Alzheimer, die dood van ‘n kind en prosedure tydens natuurlike en onnatuurlike dood.  Marianne Breytenbach is die aanbieder.

Dr. Kerstin Tönsing – 5 Oktober 2015

Dr. Kerstin Tönsing van die Sentrum vir Alternatiewe en Aanvullende Kommunikasie by Tukkies gesels o.m. oor nuwe kommunikasie-tegnieke vir persone met motor-neuronsiekte. Marianne Breytenbach is die aanbieder.

Lene Ryker en Madre Frankl – 28 September 2015

Lene Ryker, ‘n somatoloog, gee inligting oor permanente grimering;  en Madre Frankl vertel van ‘n dorpie in die Kaap vir persone met Dementia. Marianne Breytenbach is die programaanbieder.