IVP bekommerd oor geloofwaardigheid van verkiesing

Deur on Mei 8, 2019

8 Mei 2019

Die Inkatha Vryheidsparty sê hulle is bekommerd oor die geloofwaardigheid van die verkiesing. `n Parlementslid van die IVP, Liezl van der Merwe het aan Pretoria FM gesê dit wil voorkom of die Onafhanklike Verkiesingskommissie nie voorbereid was vir die verkiesing nie.

Van der Merwe het haar kommer uitgespreek oor stempunte wat eers 20:00 geopen het en kiesers wat huiswaarts gegaan het sonder om hul kruisies te trek.

Die IVP het ook verneem dat daar gevalle was waar persone meer as een keer gestem het en dat sommige kiesers daarin geslaag het om die ink van hulle vingers af te was.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist