3 hoenderborsies,  oopgevlek en in twee gedeel

1 kop koekmeelblom

Sout en peper en ander geurmiddels na smaak

2 ekstragroot eiers geklits

250 ml broodkrummels / gekoopte krummels

Olie vir braai

Metode:

  1. Plaas die gevlekte hoenderborsies tussen twee lagies kleefplasties en slaan dit eweredig plat met ‘n vleishamertjie.
  2. Sif die koekmeelblom en speserye ten minste 2 keer saam sodat dit goed gemeng is. Keer dit uit in ‘n bord en hou eenkant.
  3. Doop die borsie in die vooraf geklitste eier en maak seker beide kante is met die eier bedek en laat dit effens afdrup
  4. Bedek nou die borsie met die gegeurde meel en maak seker daar is nie oop plekkies nie. Lig dit uit die meel met ‘n vurk, skud effens om oortollige meel te verwyder en laat eers eenkant.  Voltooi eers al die porsies voordat na die volgende stap oorgaan..
  5. Doop nou weer een vir een elke borsie in die geklitste eier, drup af en plaas dit nou in die broodkrummels. Maak weer seker dat die hoender oral bedek is met die krummels
  6. Plaas dit op kleefplasties op ‘n bakplaat en plaas dit vir ten minste 1 uur in die yskas.
  7. Verhit die olie in ‘n swaarbompan en bak tot bruin aan weerskante.
  8. Bedien dit saam met kapokaartappels, ertjies en ‘n skeppie kaassous.

Die schnitsels kan reeds voor die tyd gemaak en gevries word tot wanneer benodig.