Fase 4 beurtkrag ingestel

Deur on Feb 11, 2019

11 Februarie 2019

Eskom het vanmiddag beurtkrag van Fase-2 tot Fase-4 opgeskuif. Dit sal glo tot 10-uur vanaand voortduur.

Volgens berigte moet die kragvoorsiener nou 4000 megawatt se elektrisiteit van die kragnetwerk haal.

Eskom het gistermiddag skielik vir die eerste keer vanjaar weer met kragonderbrekings begin weens ‘n tekort aan kragopwekkingsvermoë.

Die kredietgraderingsagentskap, Moody’s, het intussen gewaarsku dat Eskom se verdeling in drie afsonderlike sake-eenhede min gaan doen om sy finansiële verknorsing op te los.



Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist