Pretoria FM OMGEEwing SkoleProjek

Eerste skole buite-uitsending

Event info
Date: Apr 5, 2019
Time: 08:00
Location: Eerste skole buite-uitsending
Phone: 012 543 0120
Event: https://www.facebook.com/PretoriaFM/?ref=bookmarks
Details

Die bekendstelling het op Vrydag 8 Maart 2019 plaasgevind waar Pretoria FM regstreeks vanaf King Price by die Moonshot Café uitgesaai het. Tydens die bekendstelling het leerders van die deelnemende skole by King Price bymekaar gekom waar die dokumentêr “A Plastic Ocean” vertoon is, sodat die leerders kan sien en verstaan hoekom dit vir Pretoria FM so belangrik is om hierdie projek aan te pak.

Die volgende skole is hierdie jaar betrokke:

– 5 April 2019: Hoërskool Die Wilgers

– 12 April 2019: Hoërskool Oos-Moot

– 16 April 2019: Hoërskool Gerrit Maritz

– 23 April 2019: Hoërskool Montana

– 3 Mei 2019: Hoërskool Tuine

– 7 Mei 2019: Hoërskool Garsfontein

– 10 Mei 2019: Hoërskool Pretoria Noord

 

Eerstens wil ons alle ouers, leerlinge en skole vra om Pretoria FM se Facebookblad te “like” en hierdie plasing op jou persoonlike blad te deel om ‘n kans te staan om `n bemarkingsveldtog op Pretoria FM ter waarde van R19 500 te wen.

Die skole word versoek om SLEGS plastiese melkbottels en 2-liter koeldrank- en waterbottels in te samel.

The Waste Group sal die plastiek by elke betrokke skool gaan afhaal en sal toesien dat die plastiek op die KORREKTE manier herwin word.

Teen die einde van die projek sal The Waste Group die hoeveelheid plastiek weeg wat per skool ingesamel is. Die skole word vergoed vir die aantal plastiek wat ingesamel is. LET WEL: Die skole MOET die geld wat ingesamel word aan `n liefdadigheidsorganisasie van hulle keuse skenk!

Die skool wat die meeste plastiek insamel en wat die meeste gons op sosiale media maak, staan `n kans om `n konsert deur Willem Botha en ‘n bemarkingsveldtog op Pretoria FM te wen.

Die skool moet gereeld iets kreatief op sosiale media plaas om bewusmaking van die eenmalige gebruik van plastiek te beklemtoon. Hulle moet in elke plasing die volgende hashtagsgebruik:

#PretoriaFMSkoleProjek

#MakingADifference

#Jou skool naam

 Onthou om Pretoria FM in alle plasings te tag!

Add to Google Calendar

Add Now
Current track

Title

Artist