fbpx

AFRIKAANSE MUSIEKTOEKENNINGS

Moreleta Ouditorium


Event info
Date: Oct 16, 2019
Location: Moreleta Ouditorium
Address: 1353 De Villebois Mareuil Dr, Pretoriuspark, Pretoria, 0081
Phone: 012 543 0120
Details

Die goeie nuus vir Afrikaanse kunstenaars is dat die datum vir die splinternuwe musiektoekenningsgeleentheid bekend gemaak is! Pretoria FM het bevestig dat die nasionale toekennings vir gehaltekunstenaars, -lirieke, -skrywers en -produksies op 16 Oktober vanjaar by die Moreleta-ouditorium in Pretoria gaan plaasvind. Kunstenaars kan solank hulle inskrywings gereed kry, want die inskrywingsdatum is van 1 Julie tot 15 Augustus! Die wenners sal kan spog met ’n unieke trofeë wat spesiaal deur ’n bekende beeldhouer ontwerp word. Volgens die uitvoerende hoof van Pretoria FM, Hennie Koortzen, gaan dit ’n Wêreldklas-vertoning wees wat gaan spog met die room van die land se Afrikaanse kunstenaars. Koortzen sê daar sal ook tydens die geleentheid erkenning gegee word aan ván die legendes in die Afrikaanse musiekbedryf. Die publiek sal die geleentheid kan bywoon teen baie bekostigbare pryse en besonderhede oor kaartjieverkope sal binnekort bekend gemaak word. Die Afrikaanse musiek- en kunste-mark kan solank sy vere begin regskud vir ’n nasionale glansgeleentheid sonder weerga!

Current track

Title

Artist