Eskom bestee miljarde aan rugsteunstelsels

Deur on Mrt 19, 2019

19 Maart 2019

Eskom het die afgelope drie tot vyf maande 6-miljard-rand bestee om sy rugsteun-dieselkragstasies te gebruik om beurtkrag te beperk.

Die vooristter van Eskom se direksie, Jabu Mabuza, sê instandhouding by die kragvoorsiener is die afgelope vyf jaar drasties afgeskaal, te midde daarvan dat die gemiddelde ouderdom van kragstasies meer as 37-jaar is.

Mabuza sê daar is verkeerde besluite by Eskom geneem en dit kan minstens deels aan misdrywe toegeskryf word. Hy sê beurtkrag is onafwendbaar weens die enorme probleme by die kragvoorsiener.

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê hy verstaan Suid-Afrikaners is gefrustreerd met beurtkrag en die enorme uitwerking wat dit op ondernemings, munisipaliteite en die ekonomie in geheel het.

Tot vangoggend was sewe opwekkingseenhede af weens dié probleem, en teen ongeveer 9-uur vanoggend het nog een gebreek.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist