Emigrasie

Deur on Mei 2, 2019

Daar word verwag dat die getal Suid-Afrikaners wat die land verlaat vanjaar skerp sal toeneem. Die redes wat aangevoer word het te make met die politieke en ekonomiese klimaat, misdaad en werksekerheid. Verlede jaar het 25-duisend Suid-Afrikaners ge-emigreer. Dit is wel ’n reusebesluit en dit is nie vir almal ewe maklik wanneer hulle ’n nuwe tuiste moet skep en ’n lewe moet begin in ’n wildvreemde land nie. Die Suid-Afrikaanse emigrante, Hendrika Jooste en Robyn Vogels is die samestellers van ’n nuwe boek, oftewel ’n migrasiegids wat mense wat emigreer ondersteun. Esmarie Yssel het breedvoerig met Hendrika Jooste gesels. Sou u belangstel om die gids teen ’n bedrag van R250 te bestel, kan ’n e-pos met u naam, van en posadres gestuur word na yourmoveguide@gmail.com.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 Emigrasie-190501 27 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist