E-tol dalk gou iets van die verlede

Deur on Jul 2, 2019

2 Julie 2019

Die premier van Gauteng, David Makhura, het hom daartoe verbind om e-tol te skrap, en beloof om ‘n deel van die skuld met die plaaslike regering se begroting te betaal.

Daar is egter kommer oor waar die geld vandaan sal kom om die Suid-Afrikaanse Padagentskap vir die opgraderings aan die infrastruktuur te betaal.

Makhura het gister tydens sy provinsiale rede gesê dat die kwessie nou op ‘n nasionale vlak is, met die minister van vervoer, Fikile Mbalula, wat die kwessie hanteer.

Makhura word egter gekritiseer dat hy leë beloftes maak wat e-tol betref.

Die Organisasie teen Belastingsmisbruik, Outa, se Wayne Duvenage, sê egter dit help nie daar word onderhandel en dat alternatiewe en oplossings gesoek word, terwyl daar jaar na jaar nog geen veranderinge plaasvind nie.

Hy sê e-tol het geen plek in Gauteng nie en die boodskap is goed, maar dat die daad nou by die woord gevoeg moet word.


Laat 'n boodskap
  1. Daniël H. C. le Roux   On   Jul 3, 2019 at 11:36 am

    Dit sal baie goed wees. Kostes vir opgradering kan van brandstof heffings verhaal word.

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist