Drie stembokse naby Kleinfontein opgetel

Deur on Mei 8, 2019

8 Mei 2019

Pretoria FM het kort tevore verneem dat drie stembokse in die omgewing van Kleinfontein naby ou Pretoria-weg en die N4-snelweg langs die pad opgemerk is. Die stembokse het vermoedelik van `n bakkie afgeval.

`n Raadslid van die Vryheidsfront Plus, Awie Erasmus het aan Pretoria FM bevestig dat die stembokse leeg was en dat dit intussen deur die metropolisie na die regte stempunt geneem is.

Die stembokse was vir `n stemlokaal in Rayton bestem. Erasmus het ook die aangeleentheid by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangemeld. .


Laat 'n boodskap
  1. Hannes   On   Mei 8, 2019 at 2:38 pm

    Stembokse wat hier in Parys afgelewer is was nog opgevou. Blykbaar self oopgevou. Weet net nie hoe seël hulle hom dan nie ???
    Strokie kom seker saam

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist