Die verwoesting: Notre Dame en dit wat mooi is

Deur on Apr 17, 2019

Nuuskommentaar: 17 April

Maandag het die wêreld in skok gekyk hoe ‘n woedende vuur groot dele van die 850-jarige Notre-Dame katedraal in Parys, Frankryk verteer. Gedurende die agt en ‘n half bestaanseeue het die katedraal ‘n simbool geword. Die gebou het deur die grootste hoogtepunt asook die donkerste ure van Frankryk en Europa bly staan. Die gebou het geweldadige revolusies, verowerende diktatorskappe en twee wêreld oorloë oorleef. Hierdie gebou was meer as net ‘n Middeleeuse gotiese kerk.

Regstreekse beeldmateriaal was volop in die nuus en op sosiale media. Meer as 4.2 miljoen tweets met die hutsteken #NotreDame het op die dag van die brand verskyn en verskeie YouTube videos wat die brand uitgebeeld het is al meer as 5 miljoen keer gekyk. Hierdie was ‘n groot gebeurtenis in die wêreld. Nuuskanale het vir ‘n dag lank vergeet van Donald Trump se stryd teen onwettige immigrante, Brexit wat al meer soos 7de Laan lyk en die aandelemark se wispulturige gebeure van die dag.

Die feit dat soveel mense wat in Parys was stil gestaan het en gekyk het na die katedraal wat afbrand en soveel mense vir ‘n oomblik ophou blaai het deur hul Facebook voere wys vir ons die waarde wat die mens heg aan dit wat mooi is. In ‘n wêreld van geweldige verwoesting is dit wat vir die mens mooi is ‘n verbinding na buite hierdie aardse bestaan. Dit wat mooi is mag dalk nie mense voed of oorloë stop nie maar dit herinner ons aan iets groter.

Hermann Pretorius skryf na aanleiding van die vernietigende brand by die Notre Dame katedraal die volgende:

“Sonder doel, die hoogste ontwerper, of ‘n wese van wesens, het die wêreld bloot die vurige herrangskikking van atome gesien.

Dat ‘n gedeelde en gesamentlike hartseer oor die vernietiging van dit wat geskep is en die verandering van die goedheid ons kan gryp, dui op ons instinktiewe bewustheid van ontwerp en doel.

Soos in 1914 toe die katerdraal se kerkklokke stil geword het…


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist