fbpx

Die verdeling van opposisie stemme mite

Deur on Mei 17, 2019

Nuuskommentaar: 17 Mei

Suid-Afrika is besig om te herstel van die verkiesingskoors wat die land getref het die afgelope maand. Nou dat die stof gaan lê het en die wetgewer se setels vasgestel is wag ons vir die finale verkiesingsformaliteit, die inhuldiging. Daar is baie te sê oor die verkiesingsuitslae en wat dit vir Suid-Afrika se toekoms inhou. Een spesifieke interessantheid van die afgelope verkiesing is die effek wat stemme vir kleiner partye op die groter party het.

‘n Aantal van die groot opposisie partye het voor die verkiesing op die aanslag teen kleiner partye gegaan met die boodskap dat ‘n stem vir ‘n klein party ‘n vermorste is. Hierdie vekiesing het dit egter klinkklaer duidelik gemaak dat hierdie stelling en verkiesingsfoefie deur van die opposisie partye eenvoudig nie waar is nie.

Na afloop van die 2014 verkiesing het die Demokratiese Alliansie (DA) 89 setels in die nasionale wetgewer verwerf en die Vryheids Front Plus (VF+) 4 setels. Gesamentlik het die twee partye dus 93 setels gehou. Tussen die DA en die VF+ het die twee partye 23.13% van die nasionale stemme verwerf,

Na vanjaar se verkiesing het die DA 84 setels en die VF+ 10 setels in parlement, saam getel met 23.15% van die nasionale stemme.  Saam dus 94 setels. Een setel meer as wat die twee partye saam in 2014 gehad het.

Die enigste rede dat die twee partye saam in 2019 een meer setel ontvang het is te danke aan hoe die Suid-Afrikaanse proporsionele kiesstelsel werk. Ons kiesstelsel beloon kleiner party en bevorder veelvoudige politieke party deelname in ons demokrasie. Indien die stemme vir die VF+ in 2019 aan die DA gegaan het sou die DA op sy eie nie 94 setels behaal het nie.

Te veel Suid-Afrikaners is onder die indruk dat stemme slegs die wen partye in Suid-Afrika bevoordeel. Dit is waar in lande wat sogenaamde eerste-oor-die-wenstreep stelsels gebruik waar die wenner slegs 50% + 1 van die stemme nodig het om die hele setel te wen. Suid-Afrika het eerder ‘n proporsionele verteenwoordigingstelsel.Die persentasie stemme wat ‘n party ontvang, bepaal dan hoeveel setels hulle elkeen onderskeidelik in die parlement en die provinsiale wetgewer sal beset.

Na die 2019 verkiesing is daar ‘n rekord getal van 14 politieke partye wat kiesers in die wetgewer verteenwoordig. Kleiner partye wat hopelik meer direk en spesifiek hul kiesers verteenwoordig.

Indien genoeg Suid-Afrikaners besef dat jou stem vir ‘n kleiner party nie vermors word nie, gaan die klein party kort voor lank nie klein partye bly nie.


Laat 'n boodskap
  1. Adriaan Theron   On   Mei 23, 2019 at 8:12 pm

    Die skrywer van die artilel rook sy sokkies! Hy verwys na klein partye en praat dan die res van die artikel oor hoofsaaklik die 2de en 5de grootste partye in die parlement. Stemme vir die 13de tot 48ste grootste party was gemors!

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist