Damvlakke in Wes-Kaap daal

Deur on Feb 12, 2019

12 Februarie 2019

Die damvlakke in die Wes-Kaap het die afgelope tyd aansienlik gedaal en van die grootste damme se vlakke het met selfs meer as 2% gedaal.

Die gemiddelde vlak van die provinsie se damme was gister op 45,7% en die vlak van Kaapstad se damstelsel het tot 56,89% afgeneem.

Kaapstad se gemiddelde watergebruik het intussen met 19 miljoen liter tot 6-honderd-33 miljoen liter per dag gestyg.

Die Theewaterskloofdam, wat die Wes-Kaap se grootste opgaardam is, se vlak het van 45,28% tot 44,13% gedaal. Die Benede-Steenbrasdam se vlak het tot 55,54% afgeneem en die Voëlvleidam se vlak is 71,53% laer.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist