fbpx

DA tevrede met verminderde steun

Deur on Mei 10, 2019

Die DA sê ondanks sy verminderde steun, is hy steeds tevrede met sy vertoning in die nasionale verkiesing. Die leier van die party, Mmusi Maimane het alle Suid-Afrikaners bedank wat gestem het en spesifiek die wat vir die DA gestem het.

Maimane het die media in die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Pretoria toegespreek. Hy sê waar stemme vir die DA verlore gegaan het sal die party hard werk om dit terug te wen.

Volgens Maimane is Suid-Afrikaners bekommerd oor veral die ekonomie en dat die DA se doelwit om werk te skep nou uiters belangrik is.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist