COPE-LP kon tot vyf keer stem

Deur on Mei 9, 2019

9 Mei 2019

`n Parlementslid van COPE, Deidre Carter het vandag die geleentheid gehad om tot vyf keer te stem. Carter het aan Pretoria FM gesê dat, nadat sy reeds gaan stem het, sy gerugte gehoor het van lede van `n ander party wat na verskillende stemlokale ry om herhaaldelik te stem.

Carter het toe huis toe gegaan, die ink van haar duim gewas en weer na haar stemlokaal teruggekeer. Die skandeertoestel (ook bekend as `n zip-zip masjien) het nie opgemerk dat sy reeds gestem het toe haar ID-boekie skandeer is nie.

Carter het dit onmiddelik onder die aandag van die voorsittende beampte gebring. Daarna het sy nog vier stempunte besoek waar sy elke keer die geleentheid gehad het om weer haar stem uit te bring. Sy sê die feit dat die skanderingsmasjiene nie aan `n sentrale netwerk gekoppel is nie sal daartoe lei dat persone wat hard genoeg probeer meer as een keer kan stem.

Carter het dit egter beklemtoon dat sy nie meer as een keer gestem het nie en het die voorsittende beamptes van die onderskeie stemlokale oor die gebrek aan sekerheidsmaatreëls ingelig het.


Laat 'n boodskap
  1. Hartseer   On   Mei 9, 2019 at 9:46 am

    Hierdie verkiesing gaan gekanselleer moet word. Dan oor n paar maande weer een met beamptes van DA, VF+, ANC, En nog so paar ander partye wat nie vir die ANC EN EFF is. Of dalk die Amerikaners kry om ons verkiesing te kom doen sodat geen persoon in ons land iets met die verkiesing te doen het. Dalk sal ons vir die 1ste keer ooit n regverdige tellings kry!!

  2. Retha   On   Mei 9, 2019 at 4:17 pm

    Ek dink die planne is lankal uitgewerk. Ons merke kan geensins afkom nie. Dink dat plekke gekies is met ‘regte’ penne.

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist