Klankkoerant

Page: 3

Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar word vanjaar op Woensdagaand 22 Mei by Eensgezind in Durbanville aangekondig. Soos verwag kan word, is elke deelnemer ‘n wenner in eie reg. Om vir ons meer te vertel, gesels ons met die Hoof Uitvoerende Beampte van Agri Wes-Kaap, Jannie Strydom Later in die program maak ons ‘n […]

‘n Voormalige plaaswerker van Bultfontein in die Vrystaat, wat ‘n paar maande gelede ‘n memorandum aan President Ramaphosa wou oorhandig, Petrus Sitho, is terug by die Uniegebou. Hierdie keer as lid van die nuut gestigte EcoForum. Ons praat met hom daaroor. Later in die program bring ons landbounuus. En hoe sien die produksietoestande en graangewasse […]

In die afgelope naweek se Rapport het die koerant erken dat hulle fouteer het toe hulle die bewerings wat in die boek ‘Die seuns van Bird-eiland’ gemaak word as feite voorgehou het. Die boek voer aan dat die voormalige ministers Magnus Malan, John Wiley en Barend du Plessis by `n pedofilie-ring betrokke was en kinders […]

Ons wil bly, is ‘n inisiatief waarin jong mense aanlyn antwoord op Pres. Cyril Ramaphosa se uitnodiging aan jong wit Suid-Afrikaners om nie die land te verlaat nie. Ons kry meer inligting by die Hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. 012 804 8031 Die Suider Afrika Agri Inisiatief, SAAI, gaan SA boere wat hulle […]

Die radiolegende, Heinrich Marnitz het die afgelope naweek lid geword van die Liberty Radio Awards se heldesaal vir individue wat die radiobedryf al minstens 15 jaar dien. James Kemp het met hom gesels.

Suid-Afrikaners, en veral boere, hoef nie drastiese veranderinge direk na die verkiesing te vrees nie, veral nie met betrekking tot onteiening sonder vergoeding nie. So sê ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit se Sakeskool, Theo Venter. Ons gesels met hom. Later in die program: Na wat berig word, is ‘n plaas in die […]

Soos versoek verskaf ons vandag n opsomming van die stand van die vernaamste opgaardamme in Suid-Afrika, soos verskaf deur die Departement van Water en Sanitasie. www.dwa.gov.za/Hydrology/Weekly/Province.aspx Later in die program: Wolprodusente word versoek om geduldig te bly namate daar gepoog word om die Bek-en Klousituasie sowel as onderhandelinge met die Sjinese kopers te normaliseer. Die […]

Gister se wydverspreide protesaksies het so ver uitgekring dat die Hervormde Kerk in Claremont ook deurgeloop het. Ds Rudi Botha is die leraar van die gemeente en hy sluit nou by ons aan. Ds. Rudi Botha – 082-638-2955

Gesprekke oor plaasmoorde word dikwels afgewater tot syfers en statistiek. Johan Kloppers van AfriForum se Trauma Onderteuningseenheid en Karin Roux van Crime Scene Clean Up vertel wat op `n plaasmoordtoneel aangetref word – die trauma en die bloed.

Die onwettige jag met honde het ‘n groot kopseer geword vir landbougemeenskappe in die Vrystaat. Tot soveel as 16 dorpe het reeds voorvalle hiervan aangemeld. Ons sluit aan by dr Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou. Ons bring landbounuus. En die Suid-Afrikaanse Kaasfees vier vanjaar van Vrydag 26 tot Sondag 28 April 2019 sy 18de […]


Current track

Title

Artist