Verkiesing 2019

Page: 2

In die laaste verkiesingsdebat voor kiesers op 8 Mei stembus toe gaan pak die VF Plus, ANC en DA mekaar oor vuurwapenbesit en misdaadbekamping.

1 Mei 2019 Die getal kiesers wat deur middel van ’n spesiale stem hulle kruisies sal trek, het verdubbel sedert die verkiesing in 2014. Volgens die Verkiesingskommissie, oftewel OVK het nagenoeg 774 000 mense vir ’n spesiale stem aansoek gedoen. Hierdie spesiale stemme sal op 6 en 7 Mei plaasvind. Volgens die OVK het 58,4% […]

In aanloop tot die verkiesing op 8 Mei het Klankkoerant Oggend `n politieke gesprek oor onderwys gefasiliteer. Die deelnemers was die LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, die Vryheidsfront Plus se Gauteng-onderleier en Wetgewerlid, Philip van Staden en `n Onderwyskenner by Indicato-inligting en besturende direkteur van VDDB, Leonard van der Dussen.

In vanoggend se verkiesingsdebat gesels Jeannette Gouws van die ACDP, Desiree van der Walt van die DA en Cope se Deidre Carter oor morele kwessies.

Die Suid Afrikaanse Kapitalistiese Party en die DA pak mekaar in ’n verkiesingsdebat oor die ekonomie. Efficient Groep ekonoom Dawie Roodt gooi ook sy stuiwer in die armbeurs oor die twee partye se beleid rakende ekonomiese ontwikkeling.

Grond is een van die omstrede gesprekspunte in aanloop tot die verkiesing. COPE se Dennis Bloem en die IVP se Lourens de Klerk verduidelik hulle partye se standpunte oor grondonteiening sonder vergoeding, grondhervorming en die verandering van die grondwet.

Particia de Lille se nuutgestigte party, GOOD reken hulle kan die Wes-Kaap by die DA afneem. Die twee partye pak mekaar in dié verkiesingsdebat.

Die DA sê hulle veg vir Afrikaans. Die VF Plus sê egter hulle praat bog as hulle dit sê. Die twee partye pak mekaar die verkiesingsdebat.

Van die Vredesuiwelprojek na die omstrede premierskap van Ace Magashule. Die ANC, DA en VF Plus praat Vrystaatse verkiesingsake.

Opposisiepartye hoop om na die komende verkiesing beheer van Gauteng te neem. Die DA en die VF Plus praat oor koalisiemoontlikhede en hoe die provinsie na `n ANC-regering sal funksioneer.


Current track

Title

Artist