fbpx

Nuuskommentaar

Page: 4

Nuuskommentaar: 24 Julie Die afgelope week het die Grondwethof ‘n groot uitspraak teen die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane gelewer waar sy misluk het om verlof tot appél te verkry om ‘n persoonlike bestrawwende kostebevel teen haar te appélleer. Die uitspraak is een van vele groot omstredenhede sedert Mkhwebane die amp van Openbare Beskermer betree het […]

Nuuskommentaar: 23 Julie Twee belangrike gebeure verlede maand het tot ‘n hernieude debat oor buitelandse beleid in die Verenigde State van Amerika aanleiding gegee. President Donald Trump se spontane besluit om die eerste Amerikaanse president te word om Noord-Korea te besoek en sy besluit om tien minute voordat ‘n aanval op teikens in Iran sou […]

Nuuskommentaar: 19 Julie Daar is ’n spreekwoord wat lui dat ’n mens aan jou vriende geken word. In die geval van ’n land kan seker gesê word dat ’n regering se optrede en ingesteldheid geken word aan die gehalte van sy amptenare wat hy as ambassadeurs in die buiteland ontplooi. As land was Suid-Afrika die […]

Nuuskommentaar: 18 Julie In sekere kringe is daar met groot opwinding gewag gemaak van die moontlike totstandkoming van die sogenaamde Agricultural Development Agency oftewel ADA. Prominente mense daarby betrokke is die inmiddels twee en sewentigjarige oud-NP minister, Roelf Meyer en die byna ewe bejaarde oudpresident Kgalema Motlanthe. Die twee, saam met sogenaamde megaboere, beoog om […]

Nuuskommentaar: 17 Julie Daar is tans daagliks berigte in die nuus van bootjies met immigrante uit Afrika wat êrens in die Middellandse See probleme ontwikkel. Mense uit Afrika probeer in desperaatheid Europa bereik en is bereid om hul eie lewens hiervoor op die spel te plaas.  Die afgelope paar maande is die toestroming van onwettige […]

Nuuskommentaar: 16 Julie Dit is lank reeds bekend dat namate daar meer en meer derde wêreldse migrante Europa bereik, die ooreenkomste met die Suid-Afrikaanse politiek al hoe groter raak. Die suksesvolle hantering van diversiteit is nie so maklik soos teoretiese liberale praatjie voor die probleme by die skeepsvragte vol begin opdaag het nie. Maar daar […]

Nuuskommentaar: 15 Julie Min gebeurtenisse is oor die afgelope twee-en-ʼn-half dekades so vormend tot Suid-Afrika se politiek en ekonomie soos die vyfjaarlikse ANC-kongres.  Tydens hierdie kongresse word die ANC se nuwe leierskapstrukture aangewys, wat tot dus ver ook ons land se volgende president vir ons uitgewys het.  Die ANC se kongres van 2017 was nie […]

Nuuskommentaar: 12 Julie Met Dag Zero wat ʼn bekende term in Suid-Afrika geword het, kan die vraag tereg gevra word of Dag Zero ook besig is om aan te breek vir ons universiteite, en indien moontlik, hoe dit vermy kan word. Groeiende staatsafhanklikheid Die regering is tans die enkel grootste bron van inkomste vir universiteite […]

Nuuskommentaar: 11 Julie Die ANC regering laat nie ’n geleentheid verbyglip om die Afrikaner die sondebok te maak vir sy eie mislukkings nie. Die jongste aantygings kom van die nuwe voorsitter van die parlementere portefeuljekomitee van toerisme, Supra Mahumapelo, wat verlede week in ’n komiteevergadering daarop gesinspeel het dat Afrikaners se vrese oor grondonteiening sonder […]

Nuuskommentaar: 10 Julie Griekeland het na Sondag se parlementêre verkiesing ‘n nuwe regering met ‘n nuwe Eerste Minister. Kyriakos Mitsotakis het tydens die afgelope verkiesingsveldtog met ‘n boodskap van hoop, onderneem om die land uit die depressie van staatskuld, werkloosheid en die vernedering wat die Grieke die afgelope paar jaar moes beleef, te neem. Griekeland […]


Current track

Title

Artist