fbpx

Nuuskommentaar2

Page: 9

Nuuskommentaar – 16 Mei ’n Jong Vlaamse filosoof en akademikus werp onbedoeld heelwat lig op die redenasies wat oor Caster Semenya geopper word, en van waar die argumente kom. In sy verhelderende artikel in die dagblad, De Standaard, noem Maarten Boudy nie eens Caster se naam of impliseer dit nie. Hy spreek die verskynsel aan […]

Nuuskommentaar: 15 Mei Twee maande gelede was Brittanje nog veronderstel om op 29 Maart uit die Europese Unie te tree en sou die land nie aan die Europese-verkiesing deelgeneem het nie. Intussen is die Britte se uittrede uit die Europese Unie tot Oktober uitgestel en woed daar ‘n verstommende verkiesingsveldtog waarin die politieke toneel in […]

Nuuskommentaar: 14 Mei Dit is dikwels so dat die man op die straat nie elke politikus in die Kabinet, Parlement, of plaaslike regering ken nie.  Tog, ondanks hierdie heel verstaanbare onkunde, is daar min ouers in Gauteng wat nie die naam van die pas uitgetrede LUR vir onderwys in dié provinsie ken nie.  Meneer Panyaza […]

Nuuskommentaar: 13 Mei Op 20 Julie vanjaar is dit presies 50 jaar sedert Neil Armstrong sy bekende woorde op die maan geuiter het: “Een klein treetjie vir ’n mens, maar ’n reuse sprong vir die mensdom.” Ongeveer agt jaar tevore het pres. John F. Kennedy aangekondig dat die VSA voor die einde van die 60-tigerjare […]

Nuuskommentaar: 9 Mei Het Suid-Afrika weer ‘n regering van nasionale eenheid nodig? Histories was daar twee stadiums wat dit nodig was. Eerstens in 1930’s rondom die depressie en die groot droogte. Destyds was die Nasionale Party van Genl JBM Hertzog aan bewind en die Suid-Afrikaanse Party van Genl Jan Smuts was die amptelike opposisie. Die […]

Nuuskommentaar – 8 Mei 2019D Verkiesings, een maal elke vyf jaar, geniet groot aandag. Met reg, want dit gaan om beheer van ontsaglike hulpbronne en ontsaglike magshefbome. Tog is die politiek en die ekonomie te belangrik om aan politici, wat slegs elke vyf jaar verkies word, oor te laat. Die hulpbronne kan immers goed of […]

Nuuskommentaar: 3 Mei Hoe groot is die moontlikheid dat Suid-Afrika dieselfde kan beleef as die terreuraanvalle wat Sri Lanka onlangs getref het? Om ’n raaiskoot op die vraag te waag, vereis dat ’n mens meer oor die binnewerking van die Islam moet verstaan. Waar ideologie met Marxistiese elemente met die aanvanklike vlaag van internasionale terrorisme […]

Nuuskommentaar: 2 Mei Met die verkiesing slegs enkele dae weg, en die bespiegelings oor politieke partye se steun, is een ding seker, en dit is dat niks seker is nie en die algemene onsekerheid, veral vir die Afrikaners, voortduur. Die hofsaak oor die ou Republiekvlag, wat kwansuis haatspraak verteenwoordig, is een van die meer tasbare […]

Nuuskommentaar: 30 April More, op 1 Mei word werkersdag wêreldwyd herdenk. Die dag het sy oorsprong in die Hay-mark opstande wat op 4 Mei 1886 in Chicago plaasgevind het. Die opstande het gevolg nadat `n onbekende persoon `n stuk dinamiet na die polisie geslinger het uit weerwraak vir die polisie se aandeel in die dood […]

Nuuskommentaar: 29 April Daar lê heelwat waarheid opgesluit in die idee dat baie van die Westerse wêreld se probleme ‘n oorsprong in die Midde-Ooste het. Oor die afgelope twee dekades was dit veral die uitdaging van terreuraanvalle deur geradikaliseerde Moslems, massa-immigrasie veroorsaak deur oorloë in onder andere Sirië, Irak, Afghanistan, Libië en Jemen en die […]


Current track

Title

Artist