fbpx

Nuuskommentaar2

Nuuskommentaar: 11 Oktober Die afgelope week het die boek, “Die pad na selfbestuur”, uit die pen van Flip Buys verskyn. Gegewe sy posisie as voorsitter van die Solidariteit Beweging is Buys se boek insiggewend vir die pad wat dié Beweging in die komende dekades sal inslaan, en die rol wat dit in Suid-Afrika sal speel. […]

Nuuskommentaar: 10 Oktober “Neem uit die verlede dit wat goed is en bou die toekoms daarop”. Daardie klein drieletter woordjie in die aanhaling van wyle president Paul Kruger vorm die kern van die boodskap. Bou. Dit was heel gepas dat die Solidariteit Beweging se Toekomsberaad juis vandag, op Krugerdag aangebied. Tydens die kongres is `n […]

Nuuskommentaar: 8 Oktober Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners word oor die afgelope tyd nie net gekonfronteer deur die Rugbywêreldbeker in Japan nie, maar ook, ongelukkig, deur die sogenaamde “Etzebeth-sage”.  Eben Etzebeth, die ysterslot van die Springbokke, word deur ʼn groep inwoners van Langebaan daarvan beskuldig dat hy hulle fisies en verbaal aangerand het by die Langebaan-seiljagklub. In terme […]

Okt 8, 2019

Het Trump nou sy hand oorspeel? Nuuskommentaar 7 Oktober Seker een van die ongewildste etikette wat iemand hom of haar op die hals kan haal is om as fluitjieblaser geïdentifiseer te word. Dit kan selfs lewensgevaarlik wees.  En hoewel fluitjieblasers tegnies deur die howe en wetgewing beskerm word, en eintlik bewondering van enige reggeskape mens […]

Nuuskommentaar 4 Oktober Die Facebookblad #ImStaying  is tans van die blaaie wat in die kuberruim vuurwerke veroorsaak en hiervan is deur hoofstroom media instellings die afgelope tyd berig. In die bekendstelling verklaar die administrateurs dat #ImStaying verbind is aan Suid-Afrikaners, aan vroue en manne van alle rasse en godsdienste wat lojaal aan Suid-Afrika is en […]

Nuuskommentaar 3 Oktober “Elke nou en dan staan ons op uit `n gat wat vir ons gegrou is deur ons vyande. En nou doen ons dit weer met die Aitsa-toekennings.” Met hierdie woorde het Steve Hofmeyr sy betrokkenheid by die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings aangekondig. In `n latere onderhoud op Pretoria FM sê Steve dat daar op […]

Nuuskommentaar 1 Oktober Daar is ’n ou gesegde wat lui hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. Dit is waarskynlik honderd persent waar van die idees en beleide waarmee die departement van basiese onderwys en die ANC van tyd tot tyd vorendag kom. Die nuutste “ou plan” is ’n skoolverlatersertifikaat aan die einde […]

Nuuskommentaar 30 September Die sentrumregse Volksparty van Oostenryk het in Sondag se vervroegde verkiesing ‘n historiese oorwinning behaal. Die party van Kanselier Sebastian Kurz, het met 5,7% tot 37,1% gegroei en die drie-en-dertigjarige Kurz, die jongste staatshoof in die wêreld, sal nou moet besluit met watter party hy ‘n koalisieregering gaan vorm. Terwyl sentrum-regse en […]

Nuuskommentaar 27 September Ek hoor jy wil die naam van die Sabie-wildreservaat verander. Ja, die plek het nie my naam gedra toe ek dit in 1898 begin het nie. Ek sou sulke menseverheerliking nie duld nie, want die eer vir groot dinge kom nie mense toe nie. Toe jy 13 jaar oud was, is jy […]

Nuuskommentaar 26 September —Johnell van Vollenhoven Die hof het onlangs vir ’n tweede maal uitspraak gelewer oor lyfstraf: dit is en bly onwettig.      Dit volg op die oorspronklike beslissing van 2017; waarvolgens daar verskeie ander maniere is waarop straf doeltreffend toegedien kan word, en is deur verskeie individue en organisasies verwelkom.      So is […]


Current track

Title

Artist