Nuuskommentaar

Nuuskommentaar: 17 April Maandag het die wêreld in skok gekyk hoe ‘n woedende vuur groot dele van die 850-jarige Notre-Dame katedraal in Parys, Frankryk verteer. Gedurende die agt en ‘n half bestaanseeue het die katedraal ‘n simbool geword. Die gebou het deur die grootste hoogtepunt asook die donkerste ure van Frankryk en Europa bly staan. […]

Nuuskommentaar: 16 April Twee Afrika-diktators is sedert die begin van April deur burgerlike opstande tot ’n val gebring. President Abdelaziz Bouteflika van Algerië het op 2 April bedank na weke se opstande en betogings in sy land. Bouteflika het Algerië vir twee dekades met ’n ystervuis regeer. Die land se ekonomiese probleme en Bouteflika se […]

Nuuskommentaar: 15 April In die afgelope naweek se Rapport het die koerant erken dat hulle fouteer het toe hulle die bewerings wat in die boek ‘Die seuns van Bird-eiland’ gemaak word as feite voorgehou het. Die boek voer aan dat die voormalige ministers Magnus Malan, John Wiley en Barend du Plessis by `n pedofilie-ring betrokke […]

Nuuskommentaar: 12 April Op Dinsdag, 9 April, het President Cyril Ramaphosa, as deel van sy verkiesingsveldtog, ‘n besoek aan die Wes-Kaap afgelê.  Na afloop daarvan dat hy gepraat het oor hoe hy die treine op tyd sal laat loop, en hoe daar meer treine na die Wes-Kaap sal kom na die verkiesing, het hy na […]

PRETORIA FM: NUUSKOMMENTAAR – 11 April Om die opmars van generaal Khalifa Haftar na die Libiese hoofstad, Tripoli, as die optrede van net nog ‘n rebelleleier te beskou, is om die bal ver mis te slaan oor die chaos wat nou in hierdie Noord-Afrikaanse staat heers. Hoewel min mense Haftar se kanse om Tripoli te […]

Nuuskommentaar: 10 April President Cyril Ramaphosa sê vandeesweek jong, wit Suid-Afrikaners moenie die land verlaat nie omdat hulle vaardighede onder meer nodig is om die land te bou. Hy meen die gevoel wat sommige van hulle het dat hulle nie in hul geboorteland welkom is nie, is onwaar. Die meerderheid Afrikaners sal egter nie met […]

Nuuskommentaar: 9 April Terwyl die Brexit-sirkus voortduur en politieke partye regoor Europa hul veldtogte vir die Europese verkiesing volgende maand loods, ontstaan daar meer en meer vrae oor die volhoubaarheid van integrasie en samewerking in Europa. Europese integrasie en veral die tot stand koming van die Europese Unie was grootliks ’n reaksie op die verwoesting […]

Nuuskommentaar: 8 April 2019 ‘It was a bright cold day in April and the clocks were striking thirteen.’ So lui die eerste reël van George Orwell se ‘1984’ (Nineteen-eighty-four’) wat sewentig jaar gelede, in 1949, gepubliseer is. Hierin beskryf Orwell die distopiese wêreld waarin Winston Smith en sy minnares, Julia, onder die wakende oog van […]

Moet ons tevrede wees met die minimum standaard? In die laaste weke het Suid-Afrika erg deurgeloop onder beurtkrag. Eskom steier van die een krisisbestuur na die ander en nog steeds is daar nie antwoorde nie. Ons ʼn nasie geword wat te dankbaar is as ʼn dag verbygaan sonder kragonderbrekings.  Die vereiste van 100% krag wat […]

Verkiesingsuitslae as barometer in ’n snelveranderende wêreld Behalwe vir Suid-Afrikaners wat volgende maand na die stembus gaan, is die 2019-kalender volgepak met interessante verkiesings. Drie verkiesings het die afgelope naweek plaasgevind en in al drie gevalle het dit belangrike gevolge vir streeks- en selfs internasionale politiek. Die belangrikste van die drie was die plaaslike verkiesing […]


Current track

Title

Artist