fbpx

Nuusberigte

Page: 2

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n beroep op kiesers gedoen om seker te maak dat hulle stembriewe ‘n stempel op die agterkant het. Indien dit nie het nie, sal die stem ongeldig wees. Volgens die voorsittende beampte by die Tshwane Wes-distrik-stempunt, Ronny Kekana, het mense reeds so vroeg as half-ses vanoggend in die ry begin staan […]

6 Mei 2019 Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het vanoggend in die gelykheidshof in Johannesburg bevind dat die Black First Land First-organisasie skuldig aan haatspraak is. Die SAMRK sê die BLF se politieke slagspreuk grond of dood kom neer op haatspraak en sê hulle moet dié slagspreuk verwyder en Suid-Afrikaners binne 30 dae om verskoning vra.   […]

1 Mei 2019 Die Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyr sê hy oorweeg regstappe nadat MultiChoice gister aangekondig het dat hulle geen verdere blootstelling aan hom sal gee nie. Die woordvoerder van MultiChoice, wat DStv bedryf, Benedict Maaga sê selfs argiefmateriaal sal nie uitgesaai word nie. Hy sê hulle sal nie verdere kommentaar lewer nie, omdat dit […]

1 Mei 2019 Die Olimpiese atleet, Caster Semenya het haar saak teen die Internasionale Vereniging van Atletiek Federasies, oftewel IAAF verloor. Die Arbitrasiehof van Sport het vanoggend hulle beslissing bekend gemaak. Semenya het die hof genader oor die IAAF se voorstel om nuwe regulasies in te stel, om die testosteroon vlakke in vroue-atlete te probeer […]

1 Mei 2019 Die getal kiesers wat deur middel van ’n spesiale stem hulle kruisies sal trek, het verdubbel sedert die verkiesing in 2014. Volgens die Verkiesingskommissie, oftewel OVK het nagenoeg 774 000 mense vir ’n spesiale stem aansoek gedoen. Hierdie spesiale stemme sal op 6 en 7 Mei plaasvind. Volgens die OVK het 58,4% […]

23 April 2019 Minstens vyf mense is dood, nadat hulle huise gisteraand weens swaar reën in Durban, in KwaZulu-Natal, ineengestort het. Reddingswerkers werk tans onverpoos om mense te red uit die puin van strukture wat ineengestort het. Daar het intussen meer as 1-honderd-millimeter reën die afgelope naweek in Port St. Johns, in die Oos-Kaap geval […]

18 April 2019 Twee mense is kritiek beseer nadat ’n helikopter van die Suid-Afrikaanse weermag ’n kort ruk gelede in Centurion neergestort het. Die ongeluk het op die hoek van die R101-pad en Saxby-laan naby die Zwartkop gholflandgoed plaasgevind. Die woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, Charles Mabaso sê die twee beseerdes is na die Netcare Unitas-hospitaal […]

17 April 2019 Die Afrikaanse gemeenskapstasie, Pretoria FM, het pas planne bekendgemaak om ‘n nuwe Afrikaanse-musiek toekenningsgeleentheid van stapel te stuur. Die uitvoerende Hoof van Pretoria FM, Mnr Hennie Koortzen het in ‘n verklaring gesê die radiostasie het groot waardering vir die werk van alle Afrikaanse liedjieskrywers en sangers, wat deurgaans werk van hoë gehalte […]

16 April 2019 Skenkings word reeds gemaak om die ikoniese Notre Dame-katedraal in Parys, Frankryk te herbou nadat dit gistermiddag in ‘n verwoestende brand beskadig is. Volgens The Guardian is die twee kloktorings van die katedraal nie erg beskadig nie. Die burgemeester in Parys, Anne Hidalgo sê hulle sal ‘n internasionale skenkerskonferensie hou sodat hulle […]

9 April 2019 Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se kommissaris, Mosotho Moepya, het bewerings dat die ANC sy verkiesingskandidate kan onttrek, verwerp. Moepya sê kandidate kan onder geen omstandighede van die lyste verwyder word nie, behalwe as dit deur die hof beveel word. Die ANC word tans deur die integriteitskommissie ondersoek om alle kandidate wat van korrupte […]


Current track

Title

Artist