Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
12:56:38 ---Day: 1
Faan Rabie Middag: 12:00 – 17:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Bybelse Argeologie

BYBELSE ARGEOLOGIE – 11 NOVEMBER 2018

GALILEA, ’N ARGEOLOGIESE “EVANGELIE” Galilea kan tereg die argeologiese “evangelie” van Jesus genoem word. Dit is die landskap waar baie van Jesus se bediening plaasgevind het. Aan die noordwestelike kant van die See van Galilea is ’n boot onder die water ontdek wat waarskynlik in 67 n.C. deur die Romeine gesink is. Dié boot het bekend geraak as die Jesus-boot omdat dit sitplek vir 13 mense gehad het om te vervoer. By Gadara, waar Jesus duiwels in ’n trop varke gejaag het, is ’n vierde-eeuse kerk ontdek wat bo-oor ’n Romeinse graf van 25-29 n.C. gebou is. In ’n ou sinagoge by Magdala is die bekende Magdalasteen ontdek.

Laai af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 4 NOVEMBER 2018

DIE EIENAAR VAN DIE VERVALSTE EVANGELIE VAN DIE “VROU VAN JESUS”  In 2012 het professor Karen King ’n fragment van ’n perkament so groot soos ’n kredietkaart gekoop wat in die media bekend gestel is as die “Evangelie van die vrou van Jesus.” Dié fragment is aan streg wetenskaplike toetse onderwerp en in 2014 is bevind dat dit ’n moderne vervalsing is. Intussen is die persoon by wie professor King die stukkie perkament gekoop het geïdentifiseer.

Laai af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 28 OKTOBER 2018

TWEE OLIFANTE IN RUIL VIR DIE SILOAM-INSKRIPSIE AANGEBIED: Die Israelse Minister van Kultuur het aan Turkye ’n aanbod gemaak om die steen waarop die Siloam-inskripsie geskryf is vir twee olifante te ruil. Die aanbod is van die hand gewys en die steen staan nog nét so in die Argeologiese Museum van Istanbul. Die 2 700 jaar oue inskripsie vertel hoe die siloamtonnel gedurende die regeertyd van koning Hiskia gebou is om Jerusalem teen die Assiriese beleg te beskerm en word as een van die belangrikste argeologiese skatte van Israel beskou.

Laai af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 21 OKTOBER 2018

’N GEKRUISIGDE ROMEINSE SLAAF GEVIND: Die eerste skelet wat ’n aanduiding gee van iemand wat gekruisig is, is in 1968 gevind. Dié skelet het bekend geraak as die Gekruisigde van Givʾat ha-Mivtar. ’n Tweede skelet wat daarop dui dat die persoon gekruisig is, is nou in Italië gevind. Dié ontdekking bied baie waardevolle inligting op die kruigingspraktyk gedurende die Romeinse Ryk. Dié skelet het klaarblyklik aan ’n man behoort wat tussen 34 tot 37 jaar oud was, 1,65 m lank was en vir een of ander rede as ’n slaaf gekruisig is. Sy graf is ook nie tussen die ander grafte aangelê nie, maar eenkant ingerig. Dit was gedurende die Romeinse tyd ’n gevaarlike ding om te doen deur vreemdelinge, en veral tereggesteldes, tussen ander dooies te begrawe.

Laai af