Nuut opgedateerde - Gratis Slimfoon Applikasie  
09:37:37 ---Day: 1
Elsje van Jaarsveld 09:00 – 13:00
LUISTER AANLYN:  
 
DSTV Radio Kanaal:887  

Bybelse Argeologie

BYBELSE ARGEOLOGIE – 27 MEI 2018

IS NOAG SE ARK WERKLIK AL GEVIND? Bewerings dat Noag se ark gevind is, bestaan al sedert 475 v.C. In Israel is daar twee museums wat elk ’n medalje bewaar waarop die verhaal van Noag en die ark uitgebeeld word. Dié munte dateer uit die derde eeu na Christus en is in ’n dorpie digby die Araratberge in Turkye gevind. Noag se verhaal vorm ook ’n belangrike vertelling in die Koran van die Moslems. Dit is een rede waarom Turkye as die plek voorgehou word waar die landingsplek en oorblyfsels van Noag se ark gesien kan word.

Laai Af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 20 MEI 2018

DIE APOSTEL WIE SE BYNAAM “SEUN VAN ONTFERMING” WAS: Josef, ’n Leviet wat in Siprus gebore is, is deur die apostels die bynaam Barnabas (“Seun van Ontferming”) gegee, omdat hy hom altyd oor ander ontferm en mense moed ingepraat het. Hy word in Handelinge as ’n medewerker van Paulus voorgestel. In die Nuwe Testament word nie so ’n groot ophef van hom gemaak soos byvoorbeeld van Paulus nie, hoewel hy tog ’n baie invloedryke rol met die stigting van gemeentes en die groei van die kerk gespeel het. In buite-Bybelse tradisies word vertel dat hy Johannes Markus se ma bekeer het, hy Jesus en sy dissipels na Galilea vergesel het en Saulus (latere Paulus) probeer oorreed het om ’n volgeling van Jesus te word toe hulle saam in die skool van Gamalië onderrig ontvang het.

Laai Af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 13 MEI 2018

DIE VERBOD TEEN ’N WENSSTEEN: In Levitikus 26:1 verskyn ’n bepaling wat nie mooi verstaanbaar is nie en tot verskeie vertalingsfoute gelei het. Die Israeliete word verbied om ’n klip of steen op te rig waarop afbeeldings aangebring is. In ’n Assiriese spykertablet wat uit die regeringstyd van koning Sanherib (702-682 v.C.) in Nineve ontdek is, word na ’n soortgelyke steen verwys wat heelwat lig op die Levitiese wet werp. Daaruit blyk dat so ’n steen met die beeld van ’n god gegraveer is en die Assiriese koning dan daarop gaan staan of daaroor gekniel het om te wens of bid. Die ding wat die Levitiese wet verbied, was dus ’n wenssteen en is as loutere afgodery beskou. In Esegiël 8:12 word na iets soortgelyk verwys en vertel dat die tempelowerstes sulke stene in die geheim in hulle kamers hou en dink dat die Here nie daarvan weet nie. Die foto is dié van die Assiriese spykerskriftablet wat tans in die British Museum bewaar word.

Laai af

BYBELSE ARGEOLOGIE – 6 MEI 2018

DIE TATOEËERVERBOD IN LEVITIKUS: In Levitikus 19:28 is ’n bepaling wat die Israeliete verbied om tatoeëermerke op hulle liggame aan te bring. Hoewel dié reël saam met rougebruike genoem word, hou die verbod glad nie verband met die rou van  afgestorwenes nie. Die bepaling is eerder bedoel om die Israeliete daaraan te herinner dat hulle van hulle verlede verlos is. Tatoeëering was ’n simbool wat eienaarskap aangedui het. Slawe is met die naam van hulle eienaar getatoeëer. Die Israeliete is verlos van hulle slawerny. Egipte is nie meer hulle eienaar nie en die Kanaäniete wie se land hulle geneem het, is ook nie hulle nuwe eienaar nie. Die illustrasie vertoon een van die oudste tatoeëerings wat op ’n Egiptiese mummie uit 1300-1070 v.C. gekry is. Luister gerus daarna op die senders van Pretoria FM, of DStv 887.

Laai Af