BYBELSE ARGEOLOGIE – 9 JUNIE 2019

Deur on Jun 9, 2019

DIE OPROER TEEN PAULUS IN EFESE: In Handelinge 19:21-40 word vertel dat daar ’n oproer in Efese uitgebreek het oor Paulus se teenwoordigheid en werk in die stad. ’n Argeologiese ontdekking maak die rede vir die oproer meer verstaanbaar. Op 21 Julie 356 v.C. het Herostratus die tempel van Artemis in Efese aan die brand gesteek. Hy was kwaad vir die stad se inwoners vir die wyse waarop hulle hom behandel het. Herostratus is dieselfde dag nog tereggestel. Die priesters het die inwoners van die stad daarvoor geblameer dat hulle die gode in die steek gelaat het en vir die brand verantwoordelik was. Volgens hulle was al die gode daardie nag by die geboorte van Alexander die Grote betrokke en moes die Efesiërs die tempel beskerm. Dié blaam is oor die eeue heen as ’n blywende skuldgevoel op die Efesiërs geplaas. Met Paulus se werk in die stad het die silwersmid, Demetrius, se sakebedryf begin skade lei en het hy die inwoners teen Paulus aangehits en hulle daarvan oortuig dat Paulus die tempel van Artemis wil vernietig. Die inwoners het daarop met ‘’n oproer begin en deurmekaar geskreeu: Artemis van die Efesiërs is groot.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190609-INSETSEL-2-Ds-Neels-Van-Tonder 8 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist