fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 8 SEPT 2019

Deur on Sep 13, 2019

MENORA’S IN DIE OU STAD VAN DAWID: Die kandelaar wat tradisioneel deel van die tempel in Jerusalem en godsdiens van Israel is, het sewe armlampies en is in Hebreeus bekend as die menora. Argeoloë het nou twee soortgelyke lampe ontdek, maar in die een geval met nege lampies en in die ander met vyf lampies. Die lamp met nege arms word tot vandag toe nog tydens die hanukka-fees gebruik om die Makkabese opstand teen Antiochus Epiphanes IV te herdenk. ’n Steentjie met die uitbeelding van ’n lamp met vyf arms wat naby die tempelterrein gevind is, blyk nou ’n item te wees wat uit die Islamitiese godsdiens kom wat moontlik in ’n dreineringskanaal naby die tempel weggegooi is.  Min mense weet dit dalk, maar aan die begin van die ontstaan van die Islamitiese geloof het hulle ook gebruik gemaak van die sewe-arm menora. Dié sewe-armkandelaars is later vervang met die kandelaar wat slegs oor vyf arms en lampies beskik het.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 AR-190908 ( Menora ) "AR-190908 ( Menora )".
8 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist