BYBELSE ARGEOLOGIE – 7 APRIL 2019

Deur on Apr 8, 2019

DIE ARM VAN ’N GERAAMTE WAT TEEN ’N TRAP OPGEREIK HET: Aan die westelike kant van die Tempelberg het die ryk mense van Jerusalem gebly. Tydens opgrawings het hulle die skelet van iemand se voorarm en hand gekry wat teen ’n trap probeer opbeur het. Die hand se vingers was oopgesprei. Met deeglike patologiese navorsing is vasgestel dat dié arm aan ’n jong vrou in haar vroeë twintigerjare behoort het. Met die Romeine se inval van Jerusalem en die verwoesting van die tempel in 70 n.C. het hulle alles voor die voet aan die brand gesteek en alles wat lewe doodgemaak. Die jong vrou is onder in haar kombuis deur die rook en vlamme oorval. Sy het teen die trappe probeer opkruip om die brand te ontsnap. In haar poging om uit te kom, is sy deur die rook oorweldig en het die plafon en mure van die huis op haar ineengestort. ’n Steentjie waarop ’n naam gegraveer is, verklap waarskynlik wat die naam van dié jong vrou se man of pa kan wees

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190407 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 7 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist