BYBELSE ARGEOLOGIE – 11 AUGUSTUS 2019

Deur on Aug 11, 2019

DIE AARDBEWING WAARNA AMOS VERWYS: In Amos 1:1 word verwys na ’n aardbewing wat Juda getref het. Argeoloë het reeds vasgestel dat dié aardbewing in 760 v.C. voorgekom het. Flavius Josefus skryf die aardbewing aan koning Ussia se optrede toe en vertel in sy “Die Outyd van die Jode” dat Ussia na die tempel gegaan en wederegtelik op offervleis aangedring het. Toe die priesters daarteen beswaar maak, het hy hulle met die dood gedreig. Met die aardbewing wat daarop gevolg het, het die son op Ussia se gesig geval. Hy het daarna melaats geraak en is later ook daaraan oorlede. Die intensiteit van die aardbewing was volgens Josefus só hewig dat die helfte van ’n berg aan die oostekant daarvan by ’n plek met die naam van Eroge afgebreek het. Geoloë het intussen vasgestel dat daar twee aardbewings was. Die één tussen 861-705 v.C., en die ander tussen 824-667 v.C.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190811-Ds-Neels-Van-Tonder 6 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist