BYBELSE ARGEOLOGIE – 31 MAART

Deur on Mrt 31, 2019

TWEE LEIERS WAT BY GUKOK UITGEBEELD IS: ’n Mosaïektoneel wat by ’n ou sinagoge by Gukok gekry is, wys die hoëpriester van Jerusalem en ’n koning saam. Die hoëpriester is vergesel van ander priesters, terwyl die koning se leër, met onder andere twee olifante in oorlogsdrag geklee, agter hom verskyn. Verder staan daar ook ’n bul aan die koning se kant. Aanvanklik is gedink dat die koning Alexander die Grote is wat die hoëpriester ontmoet het. Inligting uit die Babiloniese Talmoed het dié raaisel waarskynlik nou opgelos. Die mosaïek vertel eintlik die verhaal van Nero wat ’n bul aan die tempelowerhede in Jerusalem as offer geskenk het. Die bul se lip het egter ’n snymerk aan. Volgens die Joodse wet mag geen beseerde of gebreklike dier as offer vir die Here aangebied word nie. Die tempelowerhede sou dié beseerde bul dus daarvolgens afwys. Dit is presies wat Nero wou hê, want daarmee sou dit aan hom die motivering gee om aan te voer dat die Jode teen hom in opstand is. Immers, hoe durf hulle die keiser se skenking wegwys? Dié insident het die weg gebaan vir die Romeinse onderdrukking van die Joodse Opstand in 66-70 n.C.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190331 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 11 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist