BYBELSE ARGEOLOGIE – 27 JANUARIE 2019

Deur on Jan 27, 2019

DIE RING PILATUS WAARSKYNLIK ONTDEK: Argeoloë is tans hard aan die bespiegel of ’n koperring wat in Herodium ontdek is, ’n ring is wat aan Pontius Pilatus behoort het. Herodium was een van koning Herodes se vyf paleise. Die ring, wat in 1969 tussen ander artefakte ontdek is, het aanvanklik nie veel aandag getrek nie. Nadat dit in 2018 na ’n labaratorium gestuur is om skoongemaak te word, het ’n verrassende verslag saam met die ring teruggekom. Op die ring kan ’n inskripsie duidelik gesien word wat lees: van Pilatus. Hierdie nuus het die wêreld nou op hol. As dié ring aan dié Pilatus behoort wat Jesus verhoor het, sal dit slegs die tweede artefak wees wat ontdek is wat direk met Pontius Pilatus verbind kan word.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190127-INSETSEL-2-Ds-Neels-Van-Tonder "RDF-190127-INSETSEL-2-Ds-Neels-Van-Tonder".
6 MB

Current track

Title

Artist