BYBELSE ARGEOLOGIE – 24 MAART

Deur on Mrt 24, 2019

NOAG SE ARK EN DIE FARAO IN DIE ROOISEE BY GUKOK: Die ontdekkings van Bybelse verhale wat in mosaïek ingelê is by ’n ou sinagoge by Gukok is baie opspraakwekkend. In ’n toneel oor Noag se ark word gewys hoe die diere in pare na die ark toe aangestap kom. In ’n ander toneel word die farao en sy soldate in die water van die Rooisee voorgestel terwyl hulle probeer om hulleself teen visse te verdedig wat hulle wil insluk. In nóg ’n toneel word twee verspieders uitgebeeld terwyl hulle ’n reuse tros druiwe aan ’n paal dra nadat hulle Kanaän gaan verken het. Verder word die posisie van vroue in die vroeë kerk ook aangeraak met ’n prominente uitbeelding van twee vroue se gesigte in ’n mosaïekpaneel. Die twee vroue was waarskynlik finansiële skenkers tot die ontwikkeling van die vroeë kerk in die ou sinagogegebou.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190324 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 8 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist