fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 22 SEPT 2019

Deur on Sep 22, 2019

UITBEELDINGS VAN ELIM EN DANIËL SE VIER DIERE UIT DIE SEE BY GUKOK: Bybeltonele wat in mosaÏekinlegsels in die vloer van ’n ou Joodse sinagoge in Gukok ontdek is en uit die Bisantynse tyd dateer, wek tans groot opspraak. Die jongste ontdekkings is ’n uitbeelding van die Israeliete se verblyf by Elim ná die uittog uit Egipte (Eks. 15:27) en die visioen van die vier diere wat uit die see opgekom het, soos wat in Daniël 7 beskryf word. Die toneel van Elim beeld ’n man met ’n linne jurk om sy lendene uit waar hy bo in ’n dadelboom besig is om dadels met ’n sekel te oes. Die vier diere van Daniël beeld die verwagting van die eindtyd uit en word voorgestel met die beeld van ’n leeu met arendsvlerke, ’n beer met drie ribbes in sy bek, ’n luiperd met vier vlerke en vier koppe, en ’n vreesaanjaende monster met ystertande wat alles voor hom verwoes.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 AR-190922-GukokElimDaniel- 7 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist