BYBELSE ARGEOLOGIE – 21 JULIE 2019

Deur on Jul 21, 2019

BASTET, DIE KATGODIN: Daar word in totaal na 125 diere in die Bybel verwys. Katte word egter nêrens in die Bybel genoem nie. Daar is ook ’n goeie rede daarvoor. Esegiël 30:17 vertel dat die Here gebied het dat die jongmanne van Pi-Beset doodgemaak en die inwonners van die stad in ballingskap weggevoer moes word. Pi-Beset se beskermgodin was Bastet, ’n karakter met die kop van ’n kat en slanke lyf van ’n vrou. Die hele Israel en al die Egiptenaars moes weet dat daar géén god bestaan wat groter beskerming kan gee as is dié Here wat die hemel en aarde geskape het nie. In Esegiël 30:19 word verder gesê dat die Egiptenaars moes weet dat God die Here is … en nie die katagtige godin, Bastet, nie.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190721-Ds-Neels-Van-Tonder 6 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist