BYBELSE ARGEOLOGIE – 20 JANUARIE 2019

Deur on Jan 21, 2019

’N ONDERGONDSE STAD VIR 20 000 MENSE ONTDEK: In die suide van Turkye, in die omgewing waar Frigië en Kappadosië was waardeur Paulus gereis het, het ’n man sy huis vergroot sodat sy seun met sy gesin ook daar kon bly. Toe hy ’n muur in die kelder uitkap, het ’n groot gat agter die muur oopgegaan. By nadere ondersoek het argeoloë toe ’n stad met ’n kapasiteit van 20 000 mense ontdek wat ondergronds gebou is. Die stad is ondergronds aangelê sodat hulle nie deur die vyand raakgesien kon word nie. So het dit gekom dat Alexander die Grote die stad ook tydens sy veldtogte misgekyk het. Die stad is geensins primitief binne nie, maar lyk verstommend gesofistikeerd vir sy tyd. Die uitleg binne is ook van so ’n aard dat dit vir die vyand byna onmoontlik was om in te neem.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190120-INSETSEL-2-Ds-Neels-Van-Tonder "RDF-190120-INSETSEL-2-Ds-Neels-Van-Tonder".
7 MB

Current track

Title

Artist