BYBELSE ARGEOLOGIE – 2 JUNIE 2019

Deur on

BIER MET GIS VAN VYFDUISEND JAAR OUD GEBROU:Wetenskaplikes aan drie Israelse universiteite het dit reggekry om met gis van vyfduisend jaar oud wat in ’n kruik gekry is bier te brou. Dié deurbraak bied ’n aanduiding van hoe bier geduremde die Bronstyd gesmaak het soos wat die Filistyne, Kanaäniete, Egiptenare en die inwoners van Mesopotamië dit gemaak het. Die gis is in ’n grot in die Karmelberge gekry by ’n plek wat in die Bybel as Gat bekend was. Die einste plek waar Goliat gebly het. Inwoners van die Ou Nabye Ooste het bier en wyn met ’n ligte graad van alkohol gemaak om as drinkwater te gebruik omdat die water nie altyd skoon genoeg was om te drink nie. In ou Israel was daar drie prosesse om bier te brou. Die een waar koring of gars met ’n bietjie gis in water gelê is. Die tweede waar fyngestampte koring met gis, dadelsap en heuning in water gelê is om deeg te vorm waarmee brood gebak is. Die gegiste water is dan afgegooi is om as drinkwater te gebruik. Die derde proses is bier wat uit ’n langer gistingsproses in kruike gebrou is. In verskeie piramidetekste kan gesien word hoe die farao’s of gesiene amptenare bier met ’n dun pypie uit ’n kruik drink.


Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Lees verder

Current track

Title

Artist