BYBELSE ARGEOLOGIE – 17 MAART

Deur on Mrt 17, 2019

DIE TORING VAN BABEL EN SIMSON BY GUKOK: Die mosaïek wat in ’n ou sinagoge by Gukok aan die noordwestelike kant van die See van Galilea ontdek is, geniet tans groot belangstelling onder argeoloë. In een van die motiewe word die bou van die Toring van Babel uitgebeeld. Die toneel beeld verskillende konstruksiewerke uit. Nóg ’n interessantheid is dat die arbeiders verskillende haarstyle en kleredrag vertoon. ’n Fisiese geveg word selfs uitgebeeld waarmee die taalverwarring wat God onder die bouers gebring het, uit te beeld. In nóg ’n mosaïekwerk word Simson uitgebeeld saam met twee jakkalse wat met hulle sterte aan mekaar vasgebind is en ’n brandende fakkel tussen hulle sterte.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190317 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder 8 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist