fbpx

BYBELSE ARGEOLOGIE – 17 FEB 2019

Deur on Feb 18, 2019

DIE DAG TOE MUISE JERUSALEM GERED HET: Die Assiriese koning, Sanherib, het in 701 v.C. ’n mislukte beleg op Jerusalem uitgevoer. In drie bronne word oor dié beleg berig, elkeen met ’n ander verklaring vir die rede waarom die Assiriërs by Jerusalem onttrek het. Watter weergawe die akkuraatste vertelling van die geskiedenis gee, bring ’n mens by baie interessante inligting uit. Die Bybel vertel dat ’n engel van die Here vir die onttrekking van die Assiriërs verantwoordelik was (2 Kon. 19:32-36; Jes. 37:30-37). Op ’n Assiriese prisma word vertel dat 46 Judahitiese stede ingeneem is, en Jerusalem gelaat is. Herodotos vertel dat ’n plaag veldmuise die Assiriërs se boogsnare en gespes aan hulle skilde stukkend geknaag het, en hulle kosvoorrade gevreet het. Hoekom dié drie weergawes soveel van mekaar verskil, hang saam met die onderskeie skrywers se beweegredes vir hulle vertellings.

Laai hier af

Lêer Beskrywing Lêergrootte
mp3 RDF-190217 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder "RDF-190217 INSETSEL 2 Ds Neels Van Tonder".
10 MB

Laat 'n boodskap

Laat ń boodskap

Jou e-pos adres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde is gemerk *



Current track

Title

Artist